Skip to content
zeno
Create a Station
Explore
Podcasts
Audiobooks
Bible
By Genre
By Location
By Language
Religious
Music
News
Download App
Opens in a new window
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Vers en Klank
TV & Film
Afrikaans
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Website
Episodes
Episodes
300
10 November 2026
Vers en klank: Joan Hambidge - Amberkamer
10 November 2026: ’n Nuwe bloemlesing uit die werk van Joan Hambidge het onlangs by Protea Boekhuis verskyn. Dié bundel, Amberkamer, bevat ’n keur van gedigte uit die 15 bundels wat Hambidge sedert 2000 die lig laat sien het. Antoinette Kellermann is die voorleser.
22 min
03 November 2026
Vers en klank: Die Vrystaat
3 November 2026: Die Vrystaat is ’n meer as net ’n provinsie. Dit is ’n atmosfeer wat jou bybly. Daardie eindelose ruimtes, die unieke kleurpalet, die groot blou hemel… dis eintlik g’n wonder mense raak so maklik nostalgies oor dié streek nie. Sophia van Taak en voorleser Johann Nel verken die werk van ons Vrystaatse digters. Jy kan uitsien na verse uit die bundels van Lina Spies, Gilbert Gibson,...
24 min
27 October 2026
Vers en klank: Afrikaans se vrouedigters
27 Oktober 2026: In die vorige eeu was daar maar ’n handjievol vrouedigers in Afrikaans. Sedert die jaar 2000 het dié stemme egter hand oor hand toegeneem, en terselfdertyd het van ons mees bestendige digters soos Antjie Krog, Joan Hambidge, Marlise Joubert en Wilma Stockenström steeds aanhou publiseer. Sophia van Taak praat met prof. Karen de Wet oor hoe hierdie oplewing spesifiek met die...
25 min
20 October 2026
Vers en klank: Stilte
20 Oktober 2026: Ons leef deesdae in ’n wêreld wat selde stil is. Daar is altyd ’n boodskap, ’n gesprek, ’n enjin, musiek, nuus, ’n skermpie waarop een oor iets klets... Stilte het amper iets geword wat ons moet loop soek. En tog is dit noodsaaklik: ’n ruimte waarin ons kan dink, luister, onthou, verlang – of eenvoudig net wees. Vir party mense is stilte heeltemal te ongemaklik, want dit maak...
15 min
13 October 2026
Vers en klank: Johan Myburg - Steierwerk
13 Oktober 2026: Die digter Johan Myburg se sesde bundel, Steierwerk, het onlangs verskyn. Sophia van Taak gesels met hom oor dié versameling sonnette. Die gesprek gaan draai ook by die woordeskat waarmee ons oor die liefde praat, die gewigtige stiltes in Gustav Mahler se laaste simfonie en die behaaglike reuk van ’n dennebos.
24 min
06 October 2026
Vers en klank: Anri Botha en Melanie Grobler
6 Oktober 2026: Henriëtta Gryffenberg lees voor uit Anri Botha se bundel, Bakeliet. Sy het in 2018 met die bundel Wolfram gedebuteer. In hierdie nuwe bundel gebruik sy bakeliet – die eerste volledig sintetiese plastiek – as ’n uitgebreide metafoor vir die kunsmatigheid van die moderne bestaan. Henriëtta lees ook verse uit Melanie Grobler se nuutste genaamd Alles van waarde is weerloos. Melanie...
23 min
29 September 2026
Vers en klank: Vriendskap
29 September 2026: “Jou vriend is die vervulling van jou behoeftes. Hy is jou akker wat jy met liefde saai en met danksegging maai. En hy is jou maaltyd en jou vuurherd. Want jy kom na hom as jy honger het en jy soek hom vir vrede.” Só skryf Kahlil Gibran in sy boek, Die Profeet, oor vriendskap. Sophia van Taak en Karli Heine verken dié tema. Daar is gedigte deur – onder andere – Antjie Krog,...
17 min
22 September 2026
Vers en klank: Die expat, Elisabeth Eybers
22 September 2026: Hierdie episode is spesifiek vir die expats bedoel – daardie Suid-Afrikaners in die buiteland wat sekerlik van tyd tot tyd wonder: Wat het ek nou eintlik hier kom soek? En: Sal ek ooit régtig kan tuis voel in hierdie land? As daar iemand is wat dié gevoel baie goed geken het, dan was dit die digter Elisabeth Eybers. Sy het vir 46 jaar in Suid-Afrika gewoon en daarna vir óók 46...
22 min
15 September 2026
Vers en klank: Koorsboom - Jakes Möller
15 September 2026: Sophia van Taak en Lochner de Kock blaai deur die debuutbundel, Koorsboom. Dis die pennevrug van Jakes Möller, en ’n verrassend sterk eerste versameling – vol deeglike skryfwerk en eksperimente met vaste digvorme soos die haikoe, villanelle, kwatryn en sonnet.
25 min
08 September 2026
Vers en klank: Joan Hambidge
Die digter Joan Hambidge vier op 11e September haar 70ste verjaarsdag. Sophia van Taak hou vir haar ’n partytjie! Die gesprek gaan oor die grootste invloede op Hambidge se skryfwerk, haar gunsteling wêreldstede, wat sy doen wanneer sy saans uitgaan en waarom die Afrikaanse letterkunde met ’n akwarium vergelyk kan word.
24 min