zeno
Home
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Log in
Sign up
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Vers en Klank
TV & Film
Afrikaans
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Website
Episodes
300
03 February 2026
Vers en klank 3 Februarie 2026
Jana Kruger neem ons diep die berge in. Ons skep asem en maak kop skoon met gedigte deur Antjie Krog, Breyten Breytenbach, Barend Toerien en nog vele ander.
22 min
27 January 2026
Vers en klank 27 Januarie 2026
Anrich Herbst en Nicole Holm sit die reeks oor Wilma Stockenström voort. Die uitgewer Naledi het inm 2025 ’n digbundel ter ere van dié 92-jarige digter gepubliseer, waarin ’n stuk of 25 digters verse vir haar geskryf het. Elkeen hierdie gedigte is geskoei op oorspronklike Stockenström-verse. Vat saam die spoor deur dié befaamde digter se werk, én hoor hoe ons jonger digters daarop gereageer het.
25 min
20 January 2026
Vers en klank 20 Januarie 2026
Die uitgewer, Naledi, het in 2025 ’n bundel ter ere van die digter Wilma Stockenström gepubliseer met die titel NOGMAALS VIR DIE BYSIENDE LESER. Dit is ’n sinspeling op Stockenström se debuutversameling, VIR DIE BYSIENDE LESER, wat in 1970 verskyn het. In hierdie nuwe bundel tree ’n stuk of 25 digters in hulle eie verse in gesprek met Wilma se werk. Anrich Herbst en Nicole Holm lees ’n keur van...
25 min
13 January 2026
Vers en klank 13 Januarie 2026
Karli Heine sit die reeks oor legendes en mites voort. Ons luister na ’n paar bekende ballades en voorlesings van gedigte oor eg-Suid-Afrikaanse volkslegendes, soos die heks van Hexriviervallei en die Vlieënde Hollander.
19 min
06 January 2026
Vers en klank 6 Januarie 2025
Ontsnap saam met Sophia van Taak na ’n fantasiewêreld vol mitiese wesens, soos die eenhoring. Van hulle is ook gedroggies wat kinders bang maak – soos die tokkelos, Antjie Somers en Makoemazaan die waterman. Karli Heine is die begeesterde voorleser van dié gedigte.
18 min
30 December 2025
Vers en klank 30 Desember 2025
Is jy een van die gelukkiges wat Oujaar iewers by die see vakansie hou? Vir die mense wat ver van ’n strand en brandergedruis is, bring Sophia van Taak die see so ’n bietjie nader met gedigte oor al die wonderlike kreature wat in die see woon, én die eienaardige dinge wat op die strand uitspoel. Julia Marone lees verse voor oor alles van walvisse tot seeperdjies!
16 min
25 December 2025
Vers en klank 25 Desember 2025
Anrich Herbst en Jana Kruger lees gedigte oor die feestyd voor. Daar is die bekende, meer gewyde verse deur van die ou meesters soos NP van Wyk Louw en AG Visser, en ook ’n paar verrassings wat jy dalk nog nooit voorheen gehoor het nie.
16 min
23 December 2025
Vers en klank 23 Desember 2025
Protea Boekhuis het vroeër vanjaar ’n bloemlesing van die gedigte van Marlise Joubert saamgestel. Dié pragtige bundel se naam is ATRIUM. Joubert is een van die prominente vrouestemme in die Afrikaanse letterkunde, en publiseer die afgelope 55 jaar gereeld. Daar het al elf digbundels uit haar pen verskyn. Susanne Beyers lees van Joubert se werk voor.
23 min
16 December 2025
Vers en klank 16 Desember 2025
Protea Boekhuis het vroeër vanjaar ’n bloemlesing van die gedigte van Marlise Joubert saamgestel. Dié pragtige bundel se naam is ATRIUM. Joubert is een van die prominente vrouestemme in die Afrikaanse letterkunde, en publiseer die afgelope 55 jaar gereeld. Daar het al elf digbundels uit haar pen verskyn. Susanne Beyers lees van Joubert se werk voor.
26 min
09 December 2025
Vers en klank 9 Desember 2025
Die digter, Pirow Bekker, is in Julie 2025 oorlede. Hy sou op 9 Desember sy 90ste verjaarsdag gevier het. Ons luister na ’n spesiale program deur Sophia van Taak en De Klerk Oelofse ter herdenking van hierdie geliefde kortverhaalskrywer en digter. Bekker het oor ’n loopbaan van 60 jaar niks minder nie as 12 digbundels die lig laat sien, waarvan die laaste versameling, Die Bloei van Blomme, eers...
25 min