zeno
Home
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Log in
Sign up
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Vers en Klank
TV & Film
Afrikaans
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Website
Episodes
300
02 December 2025
Vers en klank 2 Desember 2025
Dis uiteindelik Desember, en nou begin jy die slapies aftel na die dag wat jou verlof begin. Maar daar is ook mense wie se werk nooit ophou nie: dit is die huisvroue. Hulle moet steeds sorg dat die huis netjies, die wasgoed gedoen en die kos lekker is. Nicole Holm lees gedigte voor oor die irritasies van die arme huisvrou.
24 min
25 November 2025
Vers en klank 25 November 2025
Sophia van Taak praat met Herman Wasserman oor sy eerste digbundel, WATERMAN, wat onlangs verskyn het. Herman staan aan hoof van die Stellenbosch Universiteit se Departement Joernalistiek, en hy is bekend vir sy talle akademiese publikasies. Hy beskou die digkuns as ’n teenvoeter vir die akademie, ’n meer kreatiewe platform waarop hy temas soos die verband tussen broosheid en skoonheid kan...
26 min
18 November 2025
Vers en klank 18 November 2025
Sophia van Taak praat met Thérèse Bartman oor haar debuutbundel, Die helfte is jou nie vertel nie. Thérèse dig oor ’n hele paar hedendaagse én geskiedkundige karakters wat nie geletterd was of is nie. Gevolglik word hierdie mense se stories en stemme ook nie so duidelik soos die res s’n gehoor nie. Daarom het sy besluit om haar gedigte van die geskrewe taal los te maak en dit eerder as klankgrepe...
25 min
11 November 2025
Vers en klank 11 November 2025
Was jy al ooit by die sirkus? Vroeër jare het daar gereeld ’n sirkus deur Suid-Afrika getoer, en wanneer die manne die groot tent op jóú dorp begin opslaan het, kon ’n mens die afwagting sommer aanvoel! Marion Holm gedigte voor oor die hansworse, toertjies en akrobate.
22 min
04 November 2025
Vers en klank 4 November 2025
Sophia van Taak gesels met die transtalige digter, Klara du Plessis wat uit Kanada op besoek is in Suid-Afrika. Du Plessis se digbundel, Ek’t / Act (ja, dit bevat Afrikaanse sowel as Engelse verse!) het onlangs verskyn. Hulle praat oor oor dinge soos: die fyner klanke wat tussen musieknote lê, die impak wat ’n landskap op ’n mens se kreatiwiteit het, en hoe die konteks van ’n verhouding of ’n...
26 min
28 October 2025
Vers en klank 28 Oktober 2025
Die digbundel, Merang, is ’n splinternuwe Afrikaanse bloemlesing wat onlangs by Naledi-uitgewers verskyn het. Dit bevat voorheen ongepubliseerde gedigte van altesaam 88 digters, en dek ’n breë spektrum van temas – van die liefde, landskappe en spiritualiteit, tot queer-identiteit, sosiopolitieke kwessies en kunstenaarskap. Sophia van Taak praat met die twee samestellers, Alwyn Roux en Neil...
23 min
21 October 2025
Vers en klank 21 Oktober 2025
Daar iets nostalgies omtrent treine. Dalk is dit die ouwêreldse sjarme van swierige kompartemente; dalk die groot krag en persoonlikheid van die stoomlokomotiewe van ouds. Deesdae neem sneltreine en moltreine jou in ’n japtrap tot waar jy wil wees, maar ’n generasie of twee gelede was ’n treinrit ’n okkasie, ’n avontuur op sy eie. En jy het dit alles ingeneem – van die stadige gewieg van die...
19 min
14 October 2025
Vers en klank 14 Oktober 2025
Oktober is Geestesgesondheid-bewusmakingsmaand. Hoewel dit ’n goeie idee is om dinge soos depressie, angs en psigiese versteurings onder die vergrootglas te plaas, is mense steeds skaam om daaroor te praat. Daar kleef steeds ’n stigma aan iets soos depressie, en dit maak dat mense wat hiermee sukkel twee keer dink voordat hulle vir hulp vra. Partykeer kry ’n mens ook nie die regte woorde...
19 min
07 October 2025
Vers en klank 7 Oktober 2025
Sophia van Taak en die voorlesers, Wessel Pretorius en Nienke Geldenhuys, reis verder deur Namibië. In die vorige episode het ons na gedigte oor veral die woestyn en die verlate strande vol skeepswrakke geluister. Hierdie keer handel die verse meer ook die diere- en plantelewe van dié dorre streke. Ons gaan sit by ’n watergat in Etosha en kyk watter wild kom drink. En dan vaar ons ook die duine...
18 min
30 September 2025
Vers en klank 30 September 2025
Sophia van Taak en voorlesers Nienke Geldenhuys en Wessel Pretorius neem ons op reis deur Naimbië. In die eerste van twee programme toer ons van die Oranjerivier af al langs die kus op tot by die Kunenerivier. Langs die pad doen ons ook aan by ’n paar van Namibië se bekendste landmerke. Daar is gedigte deur Kobus Lombard, Daniel Hugo, Ronnie Belcher, Wilma Stockenström en vele meer.
20 min