Skip to content
zeno
Create a Station
Explore
Podcasts
Audiobooks
Bible
By Genre
By Location
By Language
Religious
Music
News
Download App
Opens in a new window
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Taaldinge
Language Learning
Afrikaans
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Website
Episodes
Episodes
300
25 October 2026
Taaldinge: Die UP se veeltalige terminologie
25 Oktober 2026: Prof. Elsabe Taljard en dr. Michelle Goosen wat albei betrokke is by die UP se taalontwikkelingsplan, vertel vir Ina Strydom meer oor die funksie van veeltalige terminologie in die Suid-Afrikaanse tersiêre konteks; hoe waarde toegevoeg word; en hoe Kunsmatige Intelligensie gebruik word.
23 min
18 October 2026
Taaldinge: Die SAAWK se KI-simposium
18 Oktober 2026: Die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, dr. Annelise de Vries, vertel vir Ina Strydom meer oor van die onderwerpe wat by hulle onlangse simposium oor Kunsmatige Intelligensie bespreek is; en watter voordele en watter risiko’s uitgelig is.
20 min
11 October 2026
Taaldinge: Die UP se nuwe taalbeleid
11 Oktober 2026: Prof. Elsabe Taljard en dr. Helena Kruger-Roux van die Universiteit van Pretoria vertel vir Ina Strydom meer oor dié Universiteit se nuwe taalbeleid; wat dit behels; waarom dit nodig was; en watter faktore ‘n rol speel by die opstel en inwerkingstelling van ‘n taalbeleid.
23 min
04 October 2026
Taaldinge: Dinamies Afrikaans; Afrikaanse Taalmonument
4 Oktober 2026: Die redakteur van Dinamies Afrikaans, ‘n Afrikaans handboek vir die intermediêre fase, Elmarie Lubbe, vertel vir Ina Strydom wat in die boek gedek word; hoe dit benader is en wie dit kan gebruik. Die Kommunikasiehoof van die Afrikaanse Taalmonument, Sybrandus Adema, vertel meer oor van die projekte wat die ATM oor die volgende maande aanbied.
20 min
27 September 2026
Taaldinge: Taalmisdaad
27 September 2026: Prof. Terrence Carney van Unisa vertel vir Ina Strydom wat taalmisdaad is, en hoe taalkundiges kan help om dié tipe taalgedrag te identifiseer. Dit sluit elemente soos intimidasie, aanhitsing en teistering in. Hy verduidelik hoe taalkundiges kan help om aan te toon dat dié gedrag wel die bedoeling van die spreker was.
22 min
20 September 2026
Taaldinge: UJ-Vertaalprys - Prof. Wium van Zyl
20 September 2026: Prof. Wium van Zyl is onlangs bekroon met die UJ-Vertaalprys vir sy vertaling van DIE ONGELUKKIGE EN TREURIGE VERHAAL VAN DIE SKIP DIE GOUDEN BUYS 1693 uit die 17de eeuse Nederlands in Afrikaans. Hy vertel vir Ina Strydom waar sy belangstelling in vertaling vandaan kom; watter ander werke hy vertaal het; en waarom vertalings uit die wêreldliteratuur in Afrikaans, noodsaaklik is.
22 min
13 September 2026
Taaldinge: Taalnavrae
13 September 2026: Is kleurryk en kleurvol volledige sinonieme; en wat is die verskil tussen visioenêr en visionêr? Dié en ander taalnavrae word deur Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord.
19 min
06 September 2026
Taaldinge: Ella, die KI-kletsbot
6 September 2026: Dr. Alison Stander van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat vertel vir Ina Strydom van Ella, die KI-kletsbot wat ontwikkel is om studente te ondersteun wat Afrikaans as ‘n addisionele taal aanleer.
20 min
30 August 2026
Taaldinge: Taalnavrae
30 Augustus 2026: Waar kom die woord bestiering vandaan? Waarom word so pas en huis toe los gespel? Het die aandagstreep die komma in gewone geskrewe taal vervang? Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die WAT is saam met Ina Strydom in die ateljee om nog ‘n klompie luisteraarsvrae te beantwoord.
18 min
23 August 2026
Taaldinge: Taalnavrae
23 Augustus 2026: Praat ‘n mens van padwerk, of padwerke? Hoekom is dit burgemeester en nie burgermeester nie? Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die WAT is saam met Ina Strydom in die atlejee om dié en ander luisteraarsvrae te beantwoord.
22 min