zeno
Home
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Log in
Sign up
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Spektrum
News
Afrikaans
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Website
Episodes
300
14 November 2025
Spektrum 14 November 2025
'n Mosie van wantroue teen die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, word in die provinsiale wetgewer gedebatteer. Google gaan miljoene rand betaal om Suid-Afrikaanse nuusmedia te ondersteun. Die Chinese leier, Xi Jingping, sal nie die G20-beraad bywoon nie.
49 min
13 November 2025
Spektrum 13 November 2025
Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor die uitlek van brigadier Julius Mkhwanazi se klagstaat aan die media, Ons praat met die DA se twee nuwe ministers. In Amerika is dit terug-werk-toe nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, 'n wetsontwerp onderteken wat die 43-dag lange federale regeringsluiting beeïndig.
46 min
12 November 2025
Spektrum 12 November 2025
Die raaisel van 17 Suid-Afrikaners in Donbas in Oekraïne verdiep. Die G20-groep van lande word vir kritiek uitgesonder, met nóg 'n land wat aan die beraad onttrek. Johannesburg Water skuld meer as 'n miljard rand.
52 min
11 November 2025
Spektrum 11 November 2025
Solidariteit se advertensiebord-veldtog teen die ANC ontaard in 'n kat-en-muis-speletjie met die Johannesburg-metro. Die COP30-klimaatsvergadering open sonder die teenwoordigheid van die VSA. Wat kan die besluite by die G20-beraad beteken vir die prys van basiese goedere, die koste van vervoer, asook die skep van werksgeleenthede?
49 min
10 November 2025
Spektrum 10 November 2025
'n Pynlike hoofstuk in Suid-Afrika geskiedenis word heroorweeg met die begin van die ondersoek na die Waarheids- en Versoeningskommissie. Die waarnemende Minister van Polisie, Firoz Cachalia, besoek die bendegeteisterde woonbuurte Westbury en Reigerpark. President Donald Trump verwelkom die bedanking van die BBC se direkteur-generaal en hoof van nuus ná bewerings dat kykers mislei is deur die...
47 min
07 November 2025
Spektrum 7 November 2025
'n Voormalige minister, Malusi Gigaba, is glo in die sop oor die onreëlmatige aankoop van lokomotiewe by Transnet. 'n Regeringsverslag skets 'n donker prentjie oor die stand van munisipaliteite. Ouers sal meer vir skoolfonds moet opdok.
47 min
06 November 2025
Spektrum 6 November 2025
'n Ekonoom bespreek die vraag of Suid-Afrika in die G20 hoort, en die voordele wat dit vir ons inhou. Verbruikers kla oor wisselvallige elektrisiteitspryse - ons praat met OUTA. Die MK Party het sy adjunk-president John Hlope geskors.
47 min
05 November 2025
Spektrum 5 November 2025
Die politieke landskap in die Wes-Kaap verander. 'n Regsgeleerde sê die hofbeslissing dat Operasie Dudula se veldtogte onwettig is, skep 'n presedent vir soortgelyke gevalle. Zuzie, 'n kunsmatige intelligensie tannie, staan jou by in jou uur van nood.
47 min
04 November 2025
Spektrum 4 November 2025
Die sakeman, Brown Mogotsi, oorleef 'n beweerde aanslag op sy lewe. Motoriste kla dat hulle lisensies deur die Madibeng munisipale polisie afgevat word. Die EMF Stigting sê Suid-Afrika se provinsiale parke is in 'n staat van verval. Die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sê die verkiesing in Tanzanië was nie vry en regverdig nie.
50 min
03 November 2025
Spektrum 3 November 2025
Die polisie is op soek na twee verdagtes, wat verbind word met die verbyry-skietvoorval in Reigerpark. Die Madlanga-kommissie hoor verdere getuienis aan oor die inhegtenisneming van Katiso “KT” Molefe. Die Regering van Nasionale Eenheid hou sy langverwagte vergadering. Die hofuitspraak oor die vasstelling en goedkeuring van munisipale kragtariewe word verwelkom.
49 min