zeno
Home
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Log in
Sign up
Toggle Sidebar
zeno
Netwerk24 Klankgolwe
Rapport Praat Sport
Rugby
Afrikaans
Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.
Website
Episodes
83
10 December 2025
2025: Die jaar toe Rassie die wêreld uitoorlê
In ons laaste episode van vanjaar kyk ons terug op ’n jaar waarin die Springbokke na ’n nuwe rat oorgeskakel het en besef Rassie Erasmus het nie sy gelyke as rugbyafrigter nie.Ons kies ons topdrie-Bokke van die jaar, die topdrie-spelers wie se aandele gestyg én gedaal het, en bespreek sekere fokusareas wat uitstaan. Sport | Rapport
28 min
03 December 2025
Nagmerrie-loting: All Blacks, Hane wag nog vóór eindstryd
Slegte nuus: Die All Blacks wag waarskynlik vir Suid-Afrika in die kwarteindronde van 2027 se Wêreldbeker-toernooi. Slegter nuus: Daarna wag Frankryk in die halfeindronde . . .Suid-Afrika is in ’n redelik maklike groep geloot saam met Italië, Georgië en Roemenië, en behoort ook nie ’n taai stryd in die ronde van 16 te hê nie.Daarna raak dinge egter rof . . .Dié week in Rapport Praat Sport speel...
18 min
26 November 2025
Oud-Bok: ‘Engeland die beste? Wag tot hulle teen SA skrum!’
Die Bokke het Ierland vermorsel, die Proteas het Indië verneder en Shukri Conrad het krieket se ou berugte G-woord opgediep . . . dit was gewis ’n besige week in die sportwêreld.Vandeesweek op Rapport Praat Sport praat ons oor dit alles en Thinus Delport sluit hom ook by ons aan om te gesels oor die Springbokke se oorheersing in die rugbywêreld.Delport, voormalige Bok-vleuel en -heelagter, praat...
31 min
19 November 2025
Freek: ‘Staak dié blasersberade op veld!’
Freek Burger, oudtoetsblaser, is keelvol vir die groot rol wat televisieskeidsregters deesdae in rugby speel.“Die skeidsregter is nog altyd die persoon wat die finale sê het,” sê Burger, wat hom dié week by Rapport Praat Sport aansluit.Burger gesels oor die rooi kaarte van Franco Mostert en Lood de Jager, oor Jan-Hendrik Wessels se skorsing en oor die algehele stand van sake in die...
27 min
12 November 2025
Franco: ‘Dis nie meer ’n skande om teen Italië te verloor’
Dit is nie meer ’n skande om teen Italië te verloor nie, sê Franco Smith.Smith, voormalige hoofafrigter van die Azzurri, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se klinkende sege oor Frankryk, en die toets teen Italië wat Saterdag voorlê.Smith gee baie insigte oor hoe Italië se rugby die laaste paar jaar stoom opgetel het. Hy vertel ook vir lesers van ’n...
30 min
05 November 2025
Heyneke: ‘Sommige skole het groter begrotings as SWD’
Dié week sluit die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe pos as die SWD-Arende se nuwe hoofafrigter. Meyer sê hy het langtermynplanne by dié unie, en dat daar baie uitdagings is wat oorbrug moet word. Die grootste daarvan is ’n tekort aan finansiële hulpbronne. “Daar is skole met groter (rugby)begrotings as die SWD,” sê Meyer. Hy is...
35 min
29 October 2025
Willem Alberts: ‘Bok-fêns het ons ma’s gevloek ná Japan-skok’
Die groot Springbok-nederlaag teen Japan in 2015 was ’n “hoogte-laagtepunt” in sy loopbaan, sê Willem Alberts skertsend. Dié oudlosvoorspeler was aanvanklik in die beginspan vir dié kragmeting, maar moes op die nippertjie onttrek weens ’n besering. Hy onthou wel hoe Bok-ondersteuners ná die nederlaag die spanbus met bottels bestook en die spelers se ma’s gevloek het.Die Bokke pak Saterdag weer...
29 min
22 October 2025
Willie honger vir nóg Bok-rugby...
Al is hy in die winter van sy loopbaan, het die Springbok-heelagter Willie le Roux steeds ’n groot honger om vir sy land uit te draf. Sport | Rapport
29 min
15 October 2025
Bullet 2.0: ‘Dit vat ’n ware man of vrou om te sê jy’s nie oukei nie’
Die voormalige Springbok-haker James Dalton praat oor sy boksgeveg teen Ollie le Roux in Bloemfontein, sy nuwe lewe ná drank en waarom hy die bynaam Bullet het. Sport | Rapport
31 min
08 October 2025
Rapport se beste Bok van die Rugbykampioenskap is. . .
Vandeesweek week op Rapport Praat Sport doen Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen bestekopname van die Springbokke ná die verowering van die Rugbykampioenskap.Ons elkeen kies ons topdrie-Bokke van die reeks, ons topdrie-spelers wie se aandele gestyg het, die drie wie se aandele dalk gedaal het en ons identifiseer drie kerngesprekspunte wat vir ons uitgestaan het. Een speler het...
34 min