Unam kry unieke dubbel-akkreditasie
14 November 2025

Unam kry unieke dubbel-akkreditasie

Nuus

About
Die Universiteit van Namibië het die eerste hoëronderwysinstelling in die land geword wat volle, gesamentlike akkreditasie van beide die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Nasionale Raad vir Hoër Onderwys ontvang het. Na 'n streng nasionale hersiening bevestig hierdie mylpaal dat alle Unam-kampusse en nagraadse programme aan die hoogste nasionale en internasionale standaarde voldoen. Unam-woordvoerder Simon Namesho het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.