
About
Die Stampriet Akwifeer Uraanmynbouvereniging, Sauma, daag Tobie Aupindi, voorsitter van die parlement se Natuurlike Hulpbronnekomitee, uit nadat hy teenkanting teen 'n uraanmyn naby Leonardville afgemaak het as 'n gebrek aan wetenskaplike bewyse. Die vereniging sê daardie bewering is ver van die waarheid – en noem meer as 100 kundigeverslae wat waarsku teen katastrofiese risiko's vir die land se drinkwater en landbou. Kosmos 94.1 Nuus het 'n gesprek gevoer met Wolfgang Teichert, 'n bestuurskomiteelid van die vereniging.