
About
Die vakbondfederasie Saftu is woedend oor die toenemende werksverliese wat elke sektor van die land se ekonomie verwoes. ArcellorMittal SA sluit teen die einde van September wat tot 3 500 werksverliese sal lei. Die Ford Motor-maatskappy in Suid-Afrika gaan 474 mense aflê by sy aanlegte in Pretoria en Gqeberha. Saftu-woordvoerder, Asive Dyani, sê die werksverliese word veroorsaak deur neo-liberale beleide, besnoeiings en korporatiewe gierigheid: