SA verbruikersinflasie styg effe tot 3,4%
22 October 2025

SA verbruikersinflasie styg effe tot 3,4%

Nuus

About
Statistieke Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersinflasie het in September effens gestyg tot 3,4-persent teenoor 3,3-persent in Augustus. Die toename is hoofsaaklik die gevolg van hoër pryse vir vervoer, restaurante en verblyf, terwyl inflasie vir voedsel en nie-alkoholiese drankies effens gedaal het. Vleispryse het tot hul hoogste vlak sedert 2018 gestyg, met bees-stowevleis wat op 'n jaargrondslag met 32-​​persent gestyg het. Ricado Johnson van Statistieke SA sê melk en eiers is egter goedkoper, met eiers wat met meer as agt-persent gedaal het: