zeno
Home
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Log in
Sign up
Toggle Sidebar
zeno
Kosmos 94.1
Nuus
News
Afrikaans
Kry die nuus soos dit breek.
Website
Episodes
150
05 September 2025
Sauma kap terug teen Aupindi oor uraanmynery
Die Stampriet Akwifeer Uraanmynbouvereniging, Sauma, daag Tobie Aupindi, voorsitter van die parlement se Natuurlike Hulpbronnekomitee, uit nadat hy teenkanting teen 'n uraanmyn naby Leonardville afgemaak het as 'n gebrek aan wetenskaplike bewyse. Die vereniging sê daardie bewering is ver van die waarheid – en noem meer as 100 kundigeverslae wat waarsku teen katastrofiese risiko's vir die land se...
0 min
05 September 2025
Shaningwa prys Hawala tydens staatbegrafnis
Lede van alle vlakke van die Swapo-party, saam met senior regeringsamptenare en familielede, het by Ohakweenyanga Village No. 1 naby Ondangwa vergader vir die staatsbegrafnis van die omstrede voormalige leërhoof, Solomon ‘Jesus’ Hawala. Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het Hawala tydens die seremonie geprys vir sy bydraes tydens die bevrydingstryd.
0 min
05 September 2025
Saftu briesend oor toenemende werkverliese
Die vakbondfederasie Saftu is woedend oor die toenemende werksverliese wat elke sektor van die land se ekonomie verwoes. ArcellorMittal SA sluit teen die einde van September wat tot 3 500 werksverliese sal lei. Die Ford Motor-maatskappy in Suid-Afrika gaan 474 mense aflê by sy aanlegte in Pretoria en Gqeberha. Saftu-woordvoerder, Asive Dyani, sê die werksverliese word veroorsaak deur neo-liberale...
0 min
05 September 2025
Ebola-uitbreking amptelik in DRK-provinsie verklaar
Gesondheidsowerhede in die Demokratiese Republiek van die Kongo het ʼn uitbreking van die Ebola-virus in die Kasai-provinsie verklaar. In Bulape en Mweka is 28 vermeende gevalle en 15 sterftes, insluitend vier gesondheidswerkers, aangemeld. Die land se vorige Ebola-uitbreking was in April 2022. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se streeksdirekteur vir Afrika, Mohamed Janabi, sê hulle is vasbeslote...
0 min
05 September 2025
Hersien skoolvoedingsprogram, sê IPC
Die amptelike opposisie IPC doen 'n beroep op 'n hersiening van die skoolvoedingsprogram nadat 'n vermoedelike voedselvergiftigingvoorval meer as 30 leerders in Kavango-Oos in die hospitaal laat beland het. Dit volg op 'n verslag van die onderwysminister, Sanet Steenkamp, wat die voorval by die Maria Mwengere Sekondêre Skool bevestig het. Die opposisie-parlementêre leier, Imms Nashinge, het in...
0 min
05 September 2025
Rooibos gee kurper-groei 'n hupstoot
'n Studie gelei deur die Walter Sisulu Universiteit het ontdek dat die byvoeging van groen Rooibos-ekstrak by kurperkos verbeter die groei van visgetalle en voedingdoeltreffendheid aansienlik. Die proefneming het kommersiële viskos vergelyk met voeding wat met gegiste Rooibos van die bekende rooi of ongegiste groen Rooibos-ekstrak aangevul is. Die studieleier, professor Grace Okuthe, sê die...
0 min
05 September 2025
Braunfels-brand naby Khorixas woed voort
Veldbrande is steeds aan die gang naby Khorixas, met die Braunfels-gebied nou die middelpunt van kommer. Kunene-goewerneur Vipuakuje Muharukua het bevestig dat hoewel die vlamme rondom Fransfontein in bedwang gebring is, die brand in die Braunfels gebied oos en noord-oos versprei. Muharukua het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die Namibiese lugmag addisionele ondersteuning ontplooi het, en plaaslike...
0 min
05 September 2025
VF Plus betreur uitwerking van bendegeweld op kinders
Die Vryheidsfront Plus sê kinders van minderbevoorregte gemeenskappe in die Wes-Kaap leef weens bendegeweld elke dag in vrees. Tussen Oktober en Desember 2024 het 263 van die 294 bende-verwante moorde in dié provinsie voorgekom, wat neerkom op 90-persent van dié moorde landwyd. Grant Marais van die VF Plus sê dis kommerwekkend dat onskuldige kinders in bendes se kruisvuur beland:
0 min
05 September 2025
Sokker: Brave Warriors in taai stryd teen Malawi
Namibië se nasionale sokkerspan draf om twee-uur vanmiddag uit teen Malawi in Francistown, Botswana in ‘n toernooi om vir die Fifa-wêreldbeker te kwalifiseer, ‘n mylpaal wat die Brave Warriors tot dusver ontwyk het. Afrigter Collin Benjamin deel sy verwagtinge oor vanmiddag se stryd:
0 min
05 September 2025
Onderwysminister vat Amupanda in parlement vas
Onderwysminister Sanet Steenkamp het in die parlement beskuldigings van die AR-beweging se leier Job Amupanda betwis dat kinders in Kavango-Oos steeds onder bome skoolgaan. Amupanda het video's aanlyn gedeel waar leerders in Ndama onder bome sit vir klasse. Steenkamp het verduidelik dat daar vyf sulke onwettige skole in die dorp was, maar dat 'n skool vir hulle gebou is ná vergaderings met die...
0 min