Skip to content
zeno
Create a Station
Explore
Podcasts
Audiobooks
Bible
By Genre
By Location
By Language
Religious
Music
News
Download App
Opens in a new window
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Monitor
News
Afrikaans
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Website
Episodes
Episodes
300
13 November 2026
Monitor: ANC gee terugvoer oor koalisies
13 November 2026: Die ANC gee terugvoer oor koalisies: Klop die syfers om rade te vorm? Ons praat met 'n navorser. Die Amerikaanse Demokraat, Scott Colom, word verkies as Mississippi se eerste swart Senator. Boere word gemaan om betyds gereed te wees vir El Niño se hoogtepunt.
47 min
12 November 2026
Monitor: Waar staan dinge met koalisie-onderhandelinge?
12 November 2026: Die Helen Suzman-stigting sê Julius Malema het die afgelope sewe jaar volgehoue aanvalle op die regbank gedoen en kan dus nie op die Regterlike Dienskommissie dien nie. Waar staan dinge tans met onderhandelinge om koalisies te vorm. Hoe sal Republikeine, met twee jaar van president Trump se ampstermyn oor, hom benader? Swartvrydag-winskope het reeds afgeskop - 'n kenner waarsku...
48 min
11 November 2026
Monitor: Werkloosheidskrisis verdiep
11 November 2026: Suid-Afrika se werkloosheidskrisis verdiep. Soos sake nou staan, sal brandstofpryse aanstaande maand daal. Ons vra 'n kenner hoekom meer as 14 miljoen geregistreerde kiesers nie gaan stem het nie.
51 min
10 November 2026
Monitor: Kommer oor verhoging in skoolfooie
10 November 2026: Die saak teen die 10 mense wat stembriewe in Douglas opgeskeur het, gaan vandag voort. Erge kommer oor die meeste skole wat hulle fooie bó die inflasiekoers verhoog. Ons fokus op Postmasburg in die Noord-Kaap, waar 'n nuwe gemeenskapsparty koning kraai.
49 min
09 November 2026
Monitor: Action SA oor hulle sukses en koalisieplanne
9 November 2026: Ná die verkiesing is die uitslag in 137 rade steeds onbeslis - ons bespreek die opsies en moontlikhede van hoe jy op plaaslike regeringsvlak regeer sal word. Action SA praat oor hulle sukses en koalisieplanne. Wat sê die afgelope verkiesing vir ons oor die verdieping van die Suid-Afrikaanse demokrasie?
49 min
06 November 2026
Monitor: Koalisieregerings vir Gauteng se drie groot metro’s
6 November 2026: Die ANC se steun hou aan om te kwyn; koalisieregerings blyk die voorland te wees vir Gauteng se drie groot metro’s. Ons praat met Hellen Zille, die DA se burgemeesterskandidaat vir die Goudstad. Action SA maak geskiedenis in die Karoo.
48 min
05 November 2026
Monitor: Die verkiesings in SA en die VSA is verby - wat nou?
5 November 2026: Ons hoor by die OVK hoe die verkiesing verloop het en hoe die tellery vorder. Wat sal nou in Amerika gebeur ná die Demokrate se geskiedkundige oorwinning in die middeltermyn-verkiesing.
48 min
04 November 2026
Monitor: Dit is stemdag
4 November 2026: Stembusse maak oor minder as 'n uur oop in die plaaslike regeringsverkiesing. Kommer oor werksverliese in die landbousektor nadat Suid-Afrika uit AGOA geskop is. Dit lyk of die Demokrate die Huis van Verteenwoordigers van die Republikeine in die middeltermynverkiesing in Amerika kan wegrokkel. 'n Fliek vir die eerste keer sedert 2013 in Suid-Afrika verban.
48 min
03 November 2026
Monitor: SA uit AGOA geskop
3 November 2026: Amerika se weglating van Suid-Afrika uit die AGOA-handelsprogram, ontlok wye reaksie. Meer as 200 stemlokale in Kaapstad het gister laat geopen. Die Menseregtekommissie maak sy verslag oor die waterkrisis in Johannesburg bekend.
49 min
02 November 2026
Monitor: Vyf verdagtes môre in hof oor Donovan Marx-plaasaanval
2 November 2026: Vyf verdagtes sal na verwagting môre in die hof verskyn in verband met die Donovan Marx-plaasaanval. Sowat 2,6 miljoen mense kan vandag en môre spesiale stemme uitbring. 'n Honderd jaar gelede is die aktivis Emily Hobhouse met 'n staatsbegafnis in Bloemfontein vereer.
48 min