zeno
Home
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Log in
Sign up
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Monitor
News
Afrikaans
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Website
Episodes
300
26 December 2025
Monitor 26 Desember 2025
Gautengse gesondheidsowerhede is bekommerd oor die getal tiener-ma's in die provinsie. Die feesseisoen is 'n bitter herinnering van verlies vir slagoffers van bendegeweld in die Wes-Kaap. Verkeersvolumes begin van vandag af weer toeneem. Ons praat met die onderskeie verkeersowerhede.
44 min
25 December 2025
Monitor 25 Desember 2025
Die nuusstorie wat vanjaar meer as enige ander op ons sosiale media-platforms afgelaai is, is die storie van die wegraping: die dag toe die musikant en prediker, Danie Botha, aan die wêreld verkondig het dat hy 'n boodskap ontvang het dat die wêreld teen 24 September 2025 sou vergaan. Ons hoor of Botha weer die Woord op dié manier sal verkondig. Ons bring ook vir jou stories oor spesiale...
51 min
24 December 2025
Monitor 24 Desember 2025
Adjunkpresident Paul Mashatile beloof in sy Kersboodskap dat ekonomiese herstel in 2026 ‘n regeringsprioriteit sal wees. Gee die kabinet werklik uitvoering aan die Grondwet se opdrag om die lewensgehalte van alle burgers te verbeter? UNISA kap terug ná bewerings dat die universiteit se raad gekaap is.
46 min
23 December 2025
Monitor 23 Desember 2025
'n Terugblik oor die mynboutragedie in Stilfontein in Noordwes vroeër vanjaar, terwyl die onwettige mynboukrisis in Bapong ontvou. Dierewelsynsorganisasies sien 'n toename in weggooitroeteldiere tydens die feesgety. Die jongste nuus na nóg oorstromings in KwaZulu-Natal.
49 min
22 December 2025
Monitor 22 Desember 2025
Die motief vir die Bekkersdal-slagting waarin 9 mense doodgeskiet is, steeds onbekend. Nuwe navorsing wys dat laerskoolleerlinge wat grade herhaal, beter presteer as dié wat na 'n volgende graad bevorder word. Die MK-party het die afgelope twee jaar vriend en vyand verras, maar waarheen nou?
48 min
19 December 2025
Monitor 19 Desember 2025
'n Klopjag word op die gebou uitgevoer waar DJ Warras doodgeskiet is. Die Tuinroete ervaar 'n ernstige droogte. Die Weerdiens waarsku oor weersomstandighede vir die volgende twee maande.
47 min
18 December 2025
Monitor 18 Desember 2025
Die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur wil nalatigheid in die konstruksiebedryf strafregtelik vervolg ná die ineenstorting van ‘n Hindoe-tempel by Verulam. Ons ontleed die Wes-Kaap se jongste misdaadsyfers. Teenstrydige berigte oor wat tydens 'n klopjag by 'n Amerikaanse vlugtelingsentrum in Johannesburg gebeur het.
47 min
17 December 2025
Monitor 17 Desember 2025
Talle mense is geskok oor die moord op die vermaaklikheidster, DJ Warras. Die presidensie sê hulle sal 'n Starlink-proses ondersteun, mits dit wettig is. 213 Ongelukke is sedert die begin van die feestyd aangemeld.
50 min
16 December 2025
Monitor 16 Desember 2025
Die premier van KwaZulu-Natal oorleef 'n wantrouemosie te midde van chaos in die wetgewer. Hoe versoen is Suid-Afrikaners? Wyle dr. Franklin Sonn vereer.
47 min
15 December 2025
Monitor 15 Desember 2025
Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, sê die regering het begin om met die boubedryf oor voldoening aan regulasies te praat nadat 'n tempel in Durban ineengestort het. Afriforum se bewering dat ten minste twee joernaliste deur die regering betaal word om die burgerregte-organisasie te diskretiteer, laat die wenkbroue lig. Die SAKP is onseker oor sy alliansie met die ANC. Australië se eerste...
49 min