Niks is gedoen om oorstromings onder Hardap-damwal te verminder nie
14 November 2025

Niks is gedoen om oorstromings onder Hardap-damwal te verminder nie

Kosmos 94.1

About
Daar is verwagtinge dat die sluise van die Hardapdam tydens vanjaar se reënseisoen getrek sal word. Die dam is tans net minder as 59 persent vol en die watertafels in die opvangsgebied is ook hoër na die vorige seisoen. Die sluise moet op 70 persent getrek word. Ten spyte van hierdie verwagtinge is die rivier onder die damwal steeds nie skoon gemaak nie. Dit hou 'n groot risiko in vir moontlike oorstromings. Die landbouministerie is verantwoordelik daarvoor. Kosmos 94.1 Nuus het Dawie De Klerk,die voorsitter van die Hardap Boerevereniging gesels.