
About
Volgens Namfisa se kwartaallikse verslag het die mikroleningsektor se leningsboek teen Maart vanjaar 7,6 miljard Namibiese dollar bereik, wat deur 259 266 mense verskuldig is. Termynleners, wat hul lenings oor 'n vaste tydperk van maande of jare terugbetaal, het 61 persent van die bedrag geskuld. Korttermyn- of betaaldagleners is verantwoordelik vir die oorblywende 39 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SME Compete gepraat wat sê die probleem lê by families wat meer spandeer as wat hulle kan bekostig.