VERSKILMAKERS: Surgeons for little lives
11 December 2025

VERSKILMAKERS: Surgeons for little lives

GROOTfm 90.5

About
Surgeons for Little Lives vier hierdie jaar ’n ongelooflike mylpaal – tien jaar van hoop, genesing en menslikheid by Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal. In ’n stelsel waar hulpbronne dikwels min is, het hierdie organisasie ’n wêreld van verskil gemaak vir duisende kinders en hul families. Onder die leiding van Prof. Jerome Loveland het hulle nie net fasiliteite opgegradeer nie, maar ook die hart van pediatriese sorg verander: van emosionele ondersteuning en kreatiewe programme tot die opleiding van die volgende generasie spesialiste. Vandag gesels ons met Prof. Loveland oor dié eerste tien jaar, die uitdagings, en die toekoms van kinderchirurgie in Suid-Afrika.