
Send us a text
1 Korintiërs 2:9 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.
Dit is glad nie snaaks om deur tye te gaan waar jy in 'n groef van ontevredenheid vasgevang voel nie. Ek het beslis al so gevoel. Wat dit so verwarrend maak, is dat jy nie heeltemal jou vinger op enige één ding kan plaas, wat die oorsaak van hierdie baie algemene kwaal kan wees nie.
Ek het onlangs 'n artikel deur Penny Timms gelees wat duidelikheid gegee het oor wat in die lewens van so baie mense aangaan, en ek haal aan:
Dis daardie gevoel dat die lewe net nie heeltemal so goed is, soos jy gedink het dit nou sou wees nie. Dit is beslis nie ‘n geestesongesteldheid van kliniese depressie of angs nie. Dis net ‘n matheid, wat die sielkundiges ‘languishing’noem, om 'n toestand van vreugdelose stagnasie, leegheid en lae tevredenheid te beskryf.
Ek wonder of dit dalk bekend klink? Selfs net 'n bietjie? Dit is heeltemal te algemeen in die samelewing; en my vermoede is dat dit dikwels daarop neerkom dat ons so kop-onderstebo deur die lewe loop en net daarop fokus om te oorleef, dat ons die groter prentjie uit die oog verloor.
1 Korintiërs 2:9 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.
Neem ‘n tree terug; maak jou oë toe, haal diep asem en geniet net die begrip van daardie ewige werklikheid wat op jou wag. Dit maak nie saak wat op die oomblik in jou lewe aangaan nie; dit maak nie saak hoe jy voel nie, selfs al is jy besig om weg te kwyn; as jy God liefhet, verbeel jou net die wonder, die skoonheid, die heerlikheid van dít wat Hy vir alle ewigheid vir jou in gedagte het.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY