Wag Geduldig (2)
23 October 2025

Wag Geduldig (2)

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Psalm 37:7-8 Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. 

So, sê my, waarvoor wag jy op die oomblik om te gebeur? Dit lyk asof ons altyd vir iets goeds wag om te gebeur, of vir iets slegs om verby te wees. En hoe langer ons wag, hoe moeiliker word dit; en hoe meer waarskynlik is dit dat ons ons emosies die oorhand sal laat kry.

 

Jy en ek weet albei dat ons senuweeagtig word wanneer ons ongemaklik is; dat lyding ons angstig maak; dat ongeregtigheid ons kwaad maak; en dat 'n vertraagde deurbraak ons ongeduldig maak. Ja, toemaar ek weet jy verstaan; ek gaan nie nog negatiewe emosionele reaksies opnoem nie. Maar ons weet ook dat wanneer ons ongeduldig wag, ons dinge kan doen, wat ons, as ons terugstaan en daaroor nadink, waarskynlik nie moes gedoen het nie.

 

Maar emosies is emosies en daarom reageer ons op die situasie waarin ons ons bevind.

 

Gister het ons gesels oor hoe om rustig te wag – om op God, wat goed is vir diegene wat Hom liefhet, te wag, eerder as om op die geluksgodin te wag om die situasie in jou guns te beslis. Vandag neem ons dit een stap verder:

 

Psalm 37:7-8 Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.

 

Iets besonders gebeur wanneer ons kies om op God te vertrou eerder as op ons omstandighede. Hy kalmeer ons emosies; Hy kalmeer ons senuwees; Hy maak ons gees stil.

 

Wanneer jou emosies weereens dreig om uit te spring en die oorhand oor jou te kry en om jou te lei om iets te doen waaroor jy later spyt sal wees ... gaan terug na God. Jy kan nie ‘n fout maak nie.

 

Vertrou op die Here en wag stil vir sy hulp.

 

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY