
Send us a text
Matteus 9:12-13 Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”
Die afgelope jaar was 'n onstuimige een op die wêreldfront, of hoe? Dink net aan die geopolitieke magte wat oor ‘n magdom van verskillende dinge bots. Hoe reageer die gewone man op straat – mense soos ek en jy – as die dinge om ons so verskriklik deurmekaar en gevaarlik word?
Wel, sommige mense trek in hulle dop van eiebelang terug. Watter invloed het die chaos om ons, op my finansies, my welstand, my huisverband of my huur, my kospryse, my toekoms?
Ander sien dit egter as 'n geleentheid om hul nasionale belang te verkondig en hul godsdiens en hulle politiek op 'n baie onheilige manier saam in dieselfde mandjie te gooi. Dit klink nogal soos die godsdienstige leiers van Jesus se tyd, die Fariseërs, nè? Hulle het saamgewerk met die Romeine wat hul land beheer het en hul godsdiens op 'n slinkse manier gebruik om hul eie magsbasis te versterk.
Hulle het Jesus heftig gekritiseer omdat Hy saam met die skuim van die samelewing; die verlorenes en hopeloses, tyd deurgebring het.
Matteus 9:12-13 Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”
Dit lyk asof die Fariseërs die doel van hul “godsdiens” heeltemal gemis het; iets wat vandag steeds gebeur deur die lelike Christelike nasionalisme wat oral uitbreek.
Die Britse teoloog, N.T. Wright, stel dit so: Christelike nasionalisme is verarm omdat dit 'n koninkryk sonder 'n kruis wil hê. Dit jaag 'n oorwinning sonder genade na. Hulle roem op God se krag, eerder as op God se liefde.
Vir Jesus het dit nooit oor godsdiens of politiek gegaan nie. Dit het altyd daaroor gegaan om vriendelikheid en liefde aan die verlorenes te bewys en hulle na Homself te trek. Dis mos die model wat enige mens behoort na te volg.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY