‘n Afgewaterde Geloof
27 August 2025

‘n Afgewaterde Geloof

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Romeine1:16-17 Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.” (NLV) 

Ons raak daagliks al hoe meer selfgesentreerd. Kyk net na wat  vandag in die samelewing aangaan. Die konsep van reg teenoor verkeerd is so verwater dat dit sommer vervang is deur die idee dat: as dit goed voel, kan jy dit maar sonder om te blik of te bloos doen. Ons leef toenemend in 'n wêreld van "alles is geoorloof."

Kyk na wat deesdae op televisie en in films, in die naam van vermaak aan ons opgedis word – die voorbeelde van hoe mense lewe; selfs die eksplisiete lirieke in musiek wat as normaal bestempel word; die sangers wat halfnaak op die verhoog rondspring om 'n gehoor te lok. Enigiets is toelaatbaar. En in daardie konteks het die idee van 'n goeie God; 'n heilige God en 'n God wat begeer dat ons reg, eerder as verkeerd, moet leef; vir baie mense heeltemal afstootlik geword. Dis die waarheid. Maar weet jy, dis niks nuuts nie. Die Christendom van die 1ste eeu het met soortgelyke probleme te make gehad. Dit is in daardie konteks wat die apostel Paulus die volgende skryf:

Romeine 1:16-17 Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.” (NLV)

Ja, die Evangelie is goeie nuus, maar dit vra ook verantwoording van ons. Dit behels geloof en ’n geregtigheid wat van God af kom; ‘n geregtigheid wat ons roep om in gehoorsaamheid te leef.

A.W. Tozer het eenkeer gesê: Die Christendom is so afgewater dat die oplossing so flou is, dat as dit ’n gif was, dit niemand sou seermaak nie en as dit ’n medisyne was, dit niemand sou genees nie.

Moenie dit afwater nie! 

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY