Moenie die Spoor Byster Raak Nie!
11 November 2025

Moenie die Spoor Byster Raak Nie!

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Matteus 4:4 Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” 

Stel jou vir 'n oomblik voor dat jy honger ly. Sê nou, jy het weke laas geëet. Jy is besig om dood te gaan, jou liggaam wil nie meer reg funksioneer nie. Die lyding is onuitspreeklik. So, wat sal jy doen om kos in jou maag te kry? Instinktief is die antwoord dat ons omtrent enigiets sal doen om kos te kry. 

Toe Jesus veertig dae en veertig nagte sonder kos in die woestyn was, het die duiwel gekom en Hom versoek om sy lyding in sy eie krag te beëindig. Die duiwel, sê selfs vir Jesus: Jy is die Seun van God. Jy kan dit doen, man!

As jy onder dieselfde druk sou verkeer, en die mag sou gehad het om klippe in brood te verander, sou jy die duiwel self gehoorsaam het? Hoekom nie? Wat is verkeerd daarmee?

Ons emosies is 'n groot deel van wie ons is. Ons kan dit nie ontken nie. Soms dien hulle ons. Ander kere kan hulle ons in verskriklike moeilikheid laat beland, veral, wanneer ons swaarkry. 'n Emosionele besluit wat op die ingewing van die oomblik geneem word, kan 'n magdom van probleme veroorsaak. Maar kom ons kyk hoe Jesus gereageer het:

Matteus 4:4 Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.”

Jesus wys dat Hy sy Vader gehoorsaam en dat Hy nie sy lyding sal beëindig wanneer die duiwel dit voorstel nie. Wanneer jy die Woord van God hoor, keer Hy dat jy in daardie moeilike situasies van die spoor afdwaal; daardie tye wanneer jy die risiko loop om slegte emosionele, ingewing-van-die-oomblik besluite te neem.

Soos iemand eenkeer gesê het, as jy nie geestelik gevoed word nie, dan sal jy emosioneel gelei word.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY