Jy Sal Nooit Alleen Loop Nie
05 September 2025

Jy Sal Nooit Alleen Loop Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Jesaja 43:1-2 Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, 

Eensaamheid is een van die moeilikste gewaarwordinge wat ons ooit kan ervaar. Ons almal beland op een of ander tyd in ‘n situasie van eensaamheid. Soms is dit slegs vir ‘n kort rukkie; ander kere voel dit of dit vir ewig aanhou.

Om sake te vererger, word eensaamheid dikwels vererger deur swak gesondheid, armoede, die verlies van 'n geliefde of verraad ... dis soos om sout in die wonde te vryf. En hoe langer dit aanhou, hoe meer begin vrees, moedeloosheid en hopeloosheid intree.

God het op 'n baie moeilike tydstip in hul geskiedenis, te midde van die verdrukking wat deur hul eie rebellie oor Israel gebring is, met die Israeliete gepraat en die volgende vir sy volk gesê:

Jesaja 43:1-2 Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie.

Gister het ons gesels oor God se doel om ons karakter te verfyn deur ons toe te laat om deur die vuuroond van lyding te gaan. “Oond” is so 'n gepaste beskrywing. Jy wil net daar uit kom. Maar luister, Hy het wel 'n doel daarmee; en wat nog belangriker is; Hy is saam met jou daarbinne.

Onthou: Wanneer jy probleme het: Ek is by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie.

Dis God se belofte. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY