Hoe die Terugval Begin
12 November 2025

Hoe die Terugval Begin

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

1 Petrus 2:2-3 L Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry. Julle het immers ondervind dat die Here goed is. 

Byna al die goeie dinge wat jy jou voorneem om te doen, behels dat jy skouer aan die wiel moet sit en dit doen. Dit begin as 'n goeie idee, maar na ‘n ruk word die versoeking om jou voet van die pedaal af te haal; stadiger te ry; en stil te hou, te groot. En so ... begin die terugval.

Entropie is 'n beginsel in fisika wat basies sê dat in enige stelsel orde in chaos verander; organisasie in anargie, en dit lei uiteindelik tot ineenstorting en verval.

Dink aan 'n eier. Jy breek dit in 'n bak en dit is georden - 'n eiergeel omring deur die eierwit. Maar wanneer jy dit met 'n vurk roer word dit deurmekaar. Jy kan nie nou weer die eier skei nie.

Die enigste ding wat orde bring, is lewe. Hoe word 'n eier gevorm? Dit word deur 'n lewendige hoender gelê. Trouens, lewe is die enigste ding wat orde uit chaos kan bring.

 

Dieselfde geld vir ons goeie bedoelings. Hulle het lewe nodig om hulle te baar, te onderhou en te help groei. En dis waar God – die Outeur van die lewe – inkom. Die Apostel Petrus skryf in sy eerste brief:

1 Petrus 2:2-3 Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry. Julle het immers ondervind dat die Here goed is.

Wanneer ons goeie bedoelings nie uitwerk nie; wanneer ons begin terugval, soos met ons almal gebeur, het ons daardie suiwer geestelike melk, die Woord van God, nodig sodat ons kan groei tot ons geestelik weer groot en sterk word as mense wat aan God behoort.

Charles Spurgeon het eens gesê dat terugval begin met 'n stowwerige Bybel. Ek stem heelhartig saam.

Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY