Here, Ek Is Jammer!
30 November 2025

Here, Ek Is Jammer!

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Matteus 3:7-8 Toe hy merk dat baie van die Fariseërs en die Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word, sê hy vir hulle: “Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug? Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. 

Hulle sê woorde wek, maar voorbeelde trek, met ander woorde, daar kan 'n baie groot verskil wees tussen wat ons sê en wat ons doen. Dit klink so goed as iemand onderneem om iets te doen, maar wanneer hy dit moet deurvoer, gebeur daar niks nie.. 

Destyds toe ek 'n IT-konsultant was, was my taak hoofsaaklik om my kliënte se behoeftes te ontleed en die senior bestuur van hul ondernemings van 'n voorgestelde plan van aksie te voorsien. Ek het nie ‘n probleem gehad om my kliënte te oortuig van oplossings vir hulle probleme nie.

Maar toe ek as 'n deskundige getuie in IT-verwante litigasies moes verskyn, was dit nie genoeg om die hof met woorde van iets te oortuig nie. Ek moes bewyse, wat my gevolgtrekkings ondersteun het, lewer. Dit is baie moeiliker om iets te bewys, as om iemand van iets te oortuig. En dit is wat Johannes die Doper hier vir die godsdienstige leiers sê:

Matteus 3:7-8 Toe hy merk dat baie van die Fariseërs en die Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word, sê hy vir hulle: “Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug? Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is.

Kom ons kyk nugter na die saak. Ware bekering is nie om net ‘n kort ou gebedjie op te sê en jammer te voel nie – dit vereis 'n verandering van denke wat ‘n verandering van gedrag tot gevolg het. Bekering beteken om weg te draai van sonde en terug te keer na God. Wat Johannes hier in werklikheid sê is: As jy werklik berou gehad het, waar is die bewyse daarvan? Daardie “vrug” van ‘n veranderde lewe? 'n Lewe wat anders lyk, omdat jou hart teruggekeer het na God?

Bekering is nie 'n emosie nie – dit is 'n besluit wat tot transformasie lei. En dit is heeltemal betekenisloos as jy nie ophou om dít, waaroor jy sê jy jammer is, te doen nie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY