
Send us a text
Jesaja 48:10 Ek het julle gelouter, maar nie soos silwer nie. Ek het julle gelouter in die smeltkroes van lyding.
Kyk, ek weet nie watter soort lewe jy tot op hierdie punt gelei het nie ... maar ek neem aan jy is nie so boos soos Adolf Hitler of Pol Pot nie. Maar ons weet almal dat ons foute het; ons het gewoontes wat aangespreek en verfyn moet word. Nie een van ons is immers perfek nie.
Om daardie growwe kante van ons glad te skuur en om ons karakter te verfyn, is ‘n pynlike proses. Om selfs net aan onsself te erken dat ons nie perfek is nie, kan moeilik wees, nè?
Dink nou vandag mooi aan jouself: dink aan die foute wat jy oor en oor maak, wat nie net jouself benadeel nie, maar ook diegene rondom jou? Erken ruiterlik watter dele van jou karakter werk nodig het. Kom nou, watter? En sal jy God toelaat om jou daarmee te help?
Vir sy eie volk, Israel, het Hy die volgende gesê:
Jesaja 48:10 Ek het julle gelouter, maar nie soos silwer nie. Ek het julle gelouter in die smeltkroes van lyding.
Toe ek grootgeword het, het my pa by die plaaslike staalfabriek gewerk. Hy het my vertel hoe hy by die hoogoond gesien het hoe die gesmelte staal teen 1 500 grade Celsius uitkom.
Daar was ‘n vuil skuim, wat metaalskuim genoem word, wat bo-op hierdie rooiwarm gesmelte staal gedryf het. Dit was die onsuiwerhede wat geskei is om die staal te suiwer en dit sterk te maak.
En dis presies wat God doen wanneer ons onsself in sy oond van suiwering bevind – om die vuil skuim te verwyder om ons rein en sterk te maak.
Ons kan óf met Hom saamwerk, óf teen Hom veg. Die keuse is ons s'n.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY