
Send us a text
Jeremia 29:11-13 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.
Elkeen van ons, het sekerlik al op een of ander stadium, op verskillende vlakke, onrus beleef. Dinge werk nie uit soos jy dit beplan het nie; of dinge neem skielik 'n aaklige wending na die verkeerde kant toe. Dis nie baie lekker nie, nè?
Oor die afgelope paar dae het ons gesels oor wat ons doen wanneer dinge verkeerd loop. Die proses is as volg: Dinge gebeur... en voor jy jouself kan kry, steek bekommernis en vrees sy kop uit. Maar te midde daarvan wil God hê ons moet weet dat Hy steeds in beheer is en dat Hy ons nooit sal verlaat nie. Hy wil hê ons moet, te midde van die storm; in elke situasie, sy vrede ervaar.
Jeremia 29:11-13 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.
Ek het onlangs op hierdie oulike stukkie afgekom – ek het geen idee wie dit geskryf het nie, maar dit het my werklik aangeraak:
Ek dink jy kom uiteindelik by 'n punt in jou lewe waar jy God soveel keer, op soveel verskillende maniere, wonderwerke sien doen het, dat wanneer jou eie planne misluk; of wanneer 'n deur in jou gesig toemaak; of 'n persoon wegstap; jy heeltemal vrede het omdat jy weet dat Hy jou nooit teleurgestel het nie; dat Hy jou nooit sál teleurstel nie en dat dít wat Hy volgende beplan, altyd beter sal wees as dit wat Hy in die verlede gedoen het.
Ek stem honderd persent saam. Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY