Skip to content
Opens in a new window
Wanneer Stilbly nie Goed is Nie
08 September 2026

Wanneer Stilbly nie Goed is Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Spreuke 15:23 Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê. Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (NLV) 

Het jy al opgemerk hoe maklik dit is om stil te bly wanneer jy sien iets loop verkeerd? Jy sien die fout raak; voel die gevaar; jy ervaar daardie drang om iets te sê – maar die makliker uitweg is om stil te bly. Kyk maar anderkant toe, sê jy vir jouself. Maar diep binne weet jy dit is nie reg nie.

Toe president Abraham Lincoln die eerste weergawe van ‘n wet voorgestel het, het baie van sy kabinetslede sonder om te murmureer, saamgestem. Dit was 'n gewaagde stap – te gewaagd, het sommige van hulle gedink – maar hulle het nie die moed gehad om te praat nie.

Een van sy ministers het egter die moed bymekaar geskraap om vir Lincoln te sê dat die tydsberekening vir die proklamering van die wet verkeerd was. Lincoln het na hom geluister, en die aankondiging uitgestel. Toe hy dit uiteindelik bekend gemaak het – nadat die lug gesuiwer en sy kabinet weer positief was – het hy die nasie oortuig en die verloop van die geskiedenis verander.

Die minister se moed om die moeilike raad te gee, het nie net sy president gehelp nie, maar ook sy eie invloed en vriendskap met hom versterk.

Spreuke 15:23 Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê. Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (NLV)

Ware vreugde kom nie daarvan om ongemaklike dinge te vermy nie. Dit kom wanneer jy die moed het om die waarheid in liefde te praat – op die regte tyd en op die regte manier.

Daardie soort direkte raad kan iemand vir wie jy omgee, genees. Dit kan hulle help om ’n koersaanpassing te maak, of hulle bloot te beskerm. So, as God jou vandag aanspoor om jou stem te laat hoor – moet asseblief nie terugdeins nie. Die maklike roete mag jou ongemak spaar, maar ’n moedige woord wat in liefde gesê word, kan alles verander.

Wie in jou lewe het daardie tydige woord van jou nou nodig?

Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê. Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (NLV)

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag..

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY