
Send us a text
Lukas 2:6-7 Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
My vriend, ten spyte van hoe goed of edel jou lewe is en hoe wonderlik jy jou roeping uitleef, is die versoeking baie groot om wanneer omstandighede teen jou draai, handdoek in te gooi en weg te stap, en net in ‘n balletjie op te krul en die wêreld uit te sluit.
Ek dink nie enigeen van ons hou daarvan om teëspoed te beleef nie... Ek hou beslis nie daarvan nie. En tog is dit 'n feit van die lewe. Ek dink die ergste soort, is wanneer ons voel dat die wêreld ons verwerp het; wanneer die mense naaste aan ons ons verwerp het. Jy voel soos 'n weerlose kind wat alleen gelaat is, en daardie gevoel van verlatenheid is net verskriklik.
As jy die afgelope week of wat by my VARS-oordenkings ingeskakel het, sal jy weet dat ons gesels het oor die verskriklike teëspoed wat daardie gebeurtenis, meer as twee duisend jaar gelede, wat ons nou "Kersfees" noem, omring het. Hier is 'n vers waarna ek graag wil terugkyk, om dit 'n tweede keer vanuit 'n ander hoek te bekyk:
Lukas 2:6-7 Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
Jesus was al op dag een deur die wêreld verwerp! Daar was geen plek vir Hom nie, maar dit was alles deel van God se plan.
Kom ons dink mooi hieraan: verwerping beteken nie verlating nie. Wanneer deure toegaan, is God steeds daar, Hy het steeds 'n pad vorentoe – selfs al is dit in die nederigste omstandighede, in die ongemaklikste en moeilikste plekke. God het 'n plan.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY