Send us Fan Mail
Kolossense 3:3-4 ...want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.
Het jy al ooit gedink daar moet tog meer aan die lewe wees as wat dit vandag vir jou voel? Jy hardloop saam met almal agter sukses, verhoudings en gemak aan, maar selfs wanneer jy dit reeds het, voel dit of iets nog steeds skort. Dis asof jy leef, maar nie eintlik regtig lééf nie.
Dit was presies hoe my lewe gevoel het. Ek het hard geswot, hard gewerk, en teen my vroeë tot middel-dertigs het ek darem al party van die dinge wat ek destyds as die moeite werd beskou het, bereik. Maar elke keer as een van daardie dinge my kant toe kom, het ek al hoe leër begin voel.
Lank gelede was daar 'n man met die naam Saulus wat ook so gevoel het. Hy het status gehad, opleiding, mag – totdat een ontmoeting alles kom verander het. Op 'n stowwerige pad na Damaskus toe het hy vir Jesus raakgeloop.
Die óú Saulus het daardie dag gesterf, en 'n nuwe man, Paulus, is gebore. Nie fisies nie, maar geestelik. Sy lewe, sy waardes, sy hele lewensdoel het totaal verander.
Later het hy self verduidelik wat presies met hom gebeur het. En dit is wat met enigiemand kan gebeur wat vir Jesus ontmoet:
Kolossense 3:3-4 ...want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.
Paulus het nie oor godsdiens gepraat nie, hy het oor wedergeboorte gepraat, dié soort wat jou van binne af verander. Want wanneer jy jou lewe in God se hande sit, verdwyn die óú jy sommer net. Dié een wat gebuk gaan onder skuld, vrees en die gejaag om iets te bereik, verdwyn. En in sy plek begin iets nuuts groei, iets sterker, iets vryer, iets met ewigheidswaarde.
As jy dus al lankal 'n nuwe begin begeer, luister mooi hierna: die lewe waarvoor jy gemaak is, is verborge in Christus. En dit wag, reeds op hierdie oomblik, om te begin.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY