God Laat Groei
14 March 2026

God Laat Groei

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send a text

1 Korintiërs 3:7 Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei. 

Dis een ding om dankbaar en tevrede te wees met jou deeglike, harde werk – jy weet wat ek bedoel – maar dis heeltemal iets anders om trots te wees op jou groot prestasies; op die ongelooflik briljante dinge wat jy gedoen het.

William Carey, die "vader van moderne sending" soos hy dikwels genoem word, het in die 19de eeu buitengewone dinge in Indië bereik. Hy het die Bybel in verskeie tale vertaal en 'n hele paar skole gestig. Maar na ‘n ruk het hy baie trots geword op sy akademiese prestasies.

Hy het sy werk soos trofeë vertoon. Toe 'n brand een dag, jare se vertaalde manuskripte vernietig het, was Carey verpletter. Hierdie verlies het hom tot besinning gebring en hy het erken dat hy trots geword het.

God het die terugslag gebruik om hom daaraan te herinner dat dit nooit oor menslike prestasie gaan nie, maar oor God se roeping en sy doel. Van toe af het Carey met opregte nederigheid gewerk. Hy het erken dat dit God was, en nie sy eie briljantheid, wat die briljante werk gedoen het nie.

Ek was nog altyd trots op my werk. My ouers het 'n sterk werksetiek by my gekweek, daarom wou ek altyd my beste doen in enigiets wat ek aangepak het. Maar, soos Carey, was ek in my vroeëre jare, ook trots – ek het die lewe gesien as 'n kompetisie om die volgende persoon se prestasies te oortref en die toekennings te wen.

Dit is iets waarvan God my oor baie dekades genees het. Ek het besef dat die wonderlikste dinge gebeur wanneer God die eer kry.

1 Korintiërs 3:7 Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei.

Is dit nie die waarheid nie, want dit is: 

God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY