Skip to content
Opens in a new window
Die Vreugde daarvan om ‘Ja’ te sê vir God
09 September 2026

Die Vreugde daarvan om ‘Ja’ te sê vir God

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Psalm 40:8 Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe 

Wat gebeur wanneer jy uiteindelik ophou om teë te stribbel? Ja, dis reg - dit is asof daar sommer ‘n nuwe vrede oor jou kom. Of dit nou is om iemand, wat jy gesweer het jy nóóit sou vergewe nie, te vergewe, en of dit nou is om uiteindelik daardie stap te neem wat jy so lank al uitstel. Gehoorsaamheid is moeilik, totdat dit die einste ding word wat jou vrymaak.

In die vroeë 1900's het die Amerikaner William Borden - erfgenaam van die multimiljoen-dollar Borden-suiwelfortuin - sy welgestelde familie geskok. Hy het alles prysgegee om God se roeping na die sendingveld te volg. Borden is aan Yale en Princeton opgelei, maar hy het sy hele erfenis vir Christelike bediening weggegee en na China geseil om die Moslemwêreld te bereik.

Op pad na die Ooste, het hy in Egipte gestop om Arabies te studeer, maar hy het siek geword en is op die vroeë ouderdom van vyf-en-twintig oorlede. Hy het nooit die sendingveld bereik nie. Maar in sy Bybel het hulle ses woorde gevind wat hy geskryf het: Geen voorbehoud. Geen omdraai. Geen spyt. Gehoorsaamheid, selfs al is dit kortgeknip; het sy grootste vreugde geword.

Koning Dawid het dit verstaan. Psalm 40 was sy lied van dankbaarheid, wat hy geskryf het nadat God hom uit sy wanhoop verlos het. 

Psalm 40:8 Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe.

Dawid het nie uit vrees gehoorsaam nie, maar uit liefde vir alles wat God vir hom gedoen het. Toe God se Woord in sy hart wortel geskiet het, het gehoorsaamheid nie 'n las geword nie; dit het ‘n vreugde geword.

So, as God jou vandag in ‘n rigting stuur - miskien om daardie een ding prys te gee wat jy wéét verkeerd is, maar sukkel om dit te doen – moet jy nie weerstand bied nie. Los dit. Gee dit aan Hom oor. Want vreugde begin waar weerstand eindig. Mag jy vandag ook kan sê:

Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY