Die Lang, Moeilike Pad
23 December 2025

Die Lang, Moeilike Pad

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Lukas 2:4-5 En omdat Josef ’n afstammeling van koning Dawid was, moes hy vanaf die dorp Nasaret in Galilea na Judea gaan, na Betlehem, Dawid se tuisdorp. Hy het sy verloofde, Maria, wat swanger was, saamgeneem om te gaan registreer. (NLV) 

Vandag is dit twee dae voor die viering van Jesus se geboorte. As ons die horlosie sou terugdraai na daardie tyd in die geskiedenis, was Josef en Maria sekerlik nog op pad na Betlehem. Kan jy jou voorstel hoe ongemaklik die reis op pad van Nasaret na Betlehem moes gewees het vir die arme Maria; net om daar aan te kom en te ontdek dat daar geen plek in ‘n herberg was nie?  

Ek het oor die jare baie gereis en al klink dit glansryk en opwindend, kan ek jou vertel, reis is harde werk. Om vir 14 uur in die ekonomiese klas in die middelste sitplek ingeprop te wees; by verskillende tydsone-veranderinge aan te pas; om jou pad na jou bestemming te vind; om nie eers van oorvol lughawens en bagasie probleme te praat nie...

Maar as ons dink hedendaagse reise is erg, moet ons verstaan dis niks in vergelyking met wat Maria en Josef in gehoorsaamheid aan die Romeinse bevel, om aan die sensus deel te neem, deurgemaak het nie.

Lukas 2:4-5 En omdat Josef ’n afstammeling van koning Dawid was, moes hy vanaf die dorp Nasaret in Galilea na Judea gaan, na Betlehem, Dawid se tuisdorp. Hy het sy verloofde, Maria, wat swanger was, saamgeneem om te gaan registreer. (NLV)

Sy was nie net swanger nie. Sy was op die punt om geboorte te skenk. Stel jou voor! Heelpad opdraand, net om in 'n stinkende stal oor te bly wanneer jy daar aankom. Kan jy jou vir een oomblik indink hoe uitputtend en ongerieflik dit moes gewees het?

Maar dis hoe God gekies het dat dit alles moes gebeur. En die boodskap vir jou en vir my is dat God se bestemming vir ons so dikwels moeilike reise behels. Maar, omdat die pad moeilik is, beteken dit nie dis nie deel van sy plan nie. Hou moed. Dis amper Kersfees.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY