
Send us Fan Mail
Spreuke 1:8-9 My seun, luister na wat jou pa jou leer. Moenie wat jou ma vir jou sê in die wind slaan nie. Wat jy by hulle leer, sal jou lewe met goedheid kroon en ’n versiering wees om jou nek. (NLV)
Het jy opgemerk hoe die kleinste stukkies raad van jou ouers jou vir die res van die lewe bybly? Dit is ongelooflik hoe jy, wanneer iets dekades later gebeur, hulle amper kan hoor, asof hulle hier langs jou staan.
'n Dosent het op ‘n keer 'n groep top leiers gevra wat die grootste invloed op hulle gehad het: Was dit boeke, mentors, of opleiding? Byna almal het dieselfde gesê: "My ouers se stem in my kop." Hulle ouers se wysheid, was dikwels maar net eenvoudig; dikwels gewone stellings, wat hierdie uitstaande leiers gevorm het.
Dit is presies waaroor die Boek van Spreuke in die Bybel gaan. Goddelike wysheid wat deur alledaagse stemme oorgedra is:
Spreuke 1:8-9 My seun, luister na wat jou pa jou leer. Moenie wat jou ma vir jou sê in die wind slaan nie. Wat jy by hulle leer, sal jou lewe met goedheid kroon en ’n versiering wees om jou nek. (NLV)
Sien jy, wysheid is nie abstrak nie. Dit kom na ons toe deur die gewone mense wat God in ons lewens plaas. Ouers. Vriende. Mentors. En uiteindelik kom dit perfek na ons toe deur Jesus, wat die wysheid van God in menslike vorm is.
Salomo verwys hier na 'n kroon en 'n versiering - simbole van eer en prestasie. God se wysheid druk jou nie af nie. Dit lig jou op. Dit versier jou. Dit gee jou waardigheid. Dit laat jou skitter in 'n donker wêreld.
Moet dus nie die stemme van wysheid rondom jou verag nie. Moenie teregwysing versmaai nie. Moenie die mense wat God gebruik om jou te vorm, ignoreer nie. En belangrikste van alles: luister na wat Jesus sê - want ín Hom is wysheid, nie net raad nie. Dis die lewe.
Wanneer jy met sy wysheid optree, sien die wêreld iets anders in jou: God se heerlikheid wat deur jou in die alledaagse weerspieël word.
Dit is God se Woord. Vars ... Vir jou... Vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY