Send us Fan Mail
Matteus 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg,
Ons leef in ’n wêreld wat behep is met eie belang. Sorg vir jouself. Beskerm jou eie belange. Moenie toelaat dat enigiemand jou misbruik nie. Is dit nie maar hoe die meeste van ons van dag tot dag leef nie?
In die vyftien-honderds het Dirk Wilhelms, 'n Nederlander wat weens sy Christelike geloof die doodstraf gekry het, uit die tronk ontsnap. Terwyl hy besig was om oor ’n bevrore grag te hardloop, het een van die tronkwagte wat hom agtervolg het, deur die ys geval. Dirk kon net aanhou hardloop – sy vryheid was binne bereik. Maar in plaas daarvan het hy omgedraai, sy vyand uit die water getrek, en sodoende sy eie lot verseël. Hy is weer in hegtenis geneem en op die brandstapel verbrand.
Hoekom sou ’n mens dit doen? Jesus het eenkeer gesê in:
Matteus 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg.
Dit is maklik om met daardie vers saam te stem, maar moeilik om dit te doen. Dirk het dit nie net geglo nie – hy het dit gedoen. Op daardie oomblik het sy liefde baie meer beteken as wat enige preek sou kon beteken.
Wat is jy bereid om op te offer om iemand anders te red? Jou tyd? Jou gemak? Miskien jou veiligheid? Ons wil almal 'n rustige lewe hê, maar die waarheid is: Jesus se liefde kos jou altyd iets.
So, in vergelyking met wat Jesus gegee het – sy eie lewe vir joune en myne – hoe kan ons enigiets terughou? My vriend, die uitdaging is groot. Sal jy, wanneer dit moeilik is, ‘n ander persoon so liefhê soos Jesus jou liefhet? Wanneer dit seermaak? Wanneer dit jou alles kos? Dit is die prys; dit is jou opdrag!
Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY