
Send us a text
Lukas 1:38 Maria het geantwoord: “Ek is die Here se dienares en gewillig om te aanvaar wat Hy ook al wil hê. Mag alles wat jy gesê het, waar word.”
Toe het die engel weggegaan. (NLV)
Die mensdom strewe na gemak. Ons wil almal 'n sagte, warm bed hê om in te slaap, 'n warm stort wanneer ons wakker word. En ons wil hê die lewe moet voorspelbaar wees. Ja, kom ons sê dit, dit moet perfek wees!
Wanneer ons, soos ons die afgelope week gedoen het, na Maria en Josef se eerste gewaarwordinge van Jesus se geboorte kyk, en harde realiteite opweeg, besef ons dat dit alles behalwe gemaklik was.
Ons hou daarvan om Kersfees as 'n pantomime wat tot ons voordeel uitgespeel is, te beskou. God stuur sy enigste Seun na hierdie wêreld om ons van ons sonde te red.
Ja, dis waar, Hy het, maar dit was nie 'n gemaklike klein pantomime nie. Dit was moeilik. Dit was alles behalwe gerieflik. Daar was soveel onverwagte en baie moeilike eise aan Maria en Josef gestel. Kom ons kyk op ‘n praktiese vlak na die gebeure:
Die engel Gabriël het al Maria se groot planne omvergewerp; haar planne vir 'n pragtige tradisionele troue 'n paar maande later, was met een aankondiging tot niet. En hier volg die nuus dat God haar, sonder haar toestemming, swanger gemaak het met die Verlosser van die Wêreld. Hoe sou jy gevoel het as jy Maria was? Kyk hoe Maria gereageer het:
Lukas 1:38 Maria het geantwoord: "Ek is die Here se dienares en gewillig om te aanvaar wat Hy ook al wil hê. Mag alles wat jy gesê het, waar word."
Toe het die engel weggegaan. (NLV)
Hoe anders sou die ongelooflikste wonderwerk in die geskiedenis van die wêreld nie verloop het, as sy vir Gabriël gesê het sy is op die oomblik baie besig en hy moet weggaan en haar met haar eie planne te laat voortgaan?
Nouja, soms gaan God se roepstem jou planne onderbreek en ontwrig. Maar soos Maria (en Josef soos ons verlede week gesien het) word jy genooi om ‘ja’ te sê, selfs wanneer dit jou gerief, jou reputasie en jou veiligheid kos.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY