Send us Fan Mail
1 Petrus 2:9 Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.
Ons almal haat dit om verkeerd verstaan te word. Ons nekhare staan dadelik regop wanneer iemand spot met dít waarin ons glo. Dalk gebeur dit by die werk, aanlyn, of om die etenstafel — ’n snedige opmerking, ’n etiket wat om jou nek gehang word, of ’n grap wat diep sny. En iewers begin ons dink dít is vervolging. Maar is dit regtig? Wat gebeur wanneer dit jou baie meer as net jou trots of jou gewildheid kos om Jesus te volg?
Vandag, dwarsdeur die wêreld, is vervolging baie meer as net slegsêery. Meer as 360 miljoen Christene leef onder ernstige onderdrukking — wat hulle verreweg die mees vervolgde groep op aarde maak. In dele van Asië, die Midde-Ooste en Afrika word gelowiges mishandel, in die tronk gestop of tereggestel vir hul geloof. Meer as 5 000 word elke jaar doodgemaak bloot omdat hulle weier om Jesus te verloën.
En tog is hierdie ding niks nuuts nie. Die apostel Petrus het aan die vroeë Christene geskryf wat presies dieselfde vrees in die gesig gestaar het: vervolging onder Rome; mense wat hul huise, hul inkomste en selfs hul lewens verloor het. Maar in plaas van wanhoop, het Petrus dít in ’n brief vir hulle geskryf:
1 Petrus 2:9: Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.
Waar jy ook al vandag staan, of jy glo of nie, vervolging wys wat regtig vir ons waardevol is. Vir volgelinge van Jesus is dit die roeping om die Lig van Jesus te weerkaats, nie om terug te deins nie. Om te leef met ’n goedheid wat so helder is, en met ’n barmhartigheid wat so eg is, dat selfs haat dit nie kan doodsmoor nie.
Want soos wat die wêreld donkerder word, raak God se Lig nie flouer nie. Deur sy kinders skyn daardie Lig dwarsdeur die nag.
Dis God se Woord. VARS … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY