Skip to content
Opens in a new window
Pasteur se Ontdekking
05 September 2026

Pasteur se Ontdekking

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Psalm 19:2 Die hemelruim verkondig die eer van God en die hemelkoepel maak die werk van sy hande bekend.(AFR20) 

Dit is glad nie ongewoon om te hoor hoe mense die wetenskap en geloof teen mekaar afspeel nie - asof jy tussen die twee moet kies. Maar sê nou dit is ’n vals keuse? Sê nou die waarheid in die skepping en die waarheid van Christus is deel van dieselfde storie?

Louis Pasteur was ’n bekende wetenskaplike uit die 1800's. Hy het die mediese wêreld verander met sy werk oor kieme, entstowwe en pasteurisasie. Sy ontdekkings het miljoene lewens gered. Ten spyte van al sy kennis, was wetenskap vir hom nooit ‘n vyand van geloof nie.

Hy het eenkeer gesê: ’n Bietjie wetenskap neem jou weg van God af, maar baie wetenskap bring jou nader aan Hom. Hoe meer hy studeer het, hoe meer het hy die wonder van ontwerp, orde en wysheid raakgesien - tekens wat hy terugverwys het na die Skepper. Vir Pasteur het die wetenskap nie sy geloof afgebreek nie; dit het dit verdiep. Die psalmdigter skryf in:

Psalm 19:2 Die hemelruim verkondig die eer van God en die hemelkoepel maak die werk van sy hande bekend. (AFR20)

Die skepping self is die bewys. Om dit te verken beteken nie om weg te stap van God af nie, maar om Hom nog meer intiem te ontdek. Die wetenskap probeer die “wat” en die “hoe” vrae beantwoord, terwyl geloof die “wie” en die “waarom” duidelik maak.

Saam vervul hulle ons met die wonder van ‘n God wat alles gemaak het en dit vandag nog versorg. 

Moenie glo jy moet kies tussen die Bybel en die wetenskap nie. Dieselfde God wat die sterre gemaak het, het deur Jesus mens geword om ons te red. Alle waarheid behoort aan Hom.

So, die volgende keer as jy jouself verwonder aan ’n wetenskaplike deurbraak of opkyk na die naghemel, onthou dit: alles wys terug na dieselfde Skrywer. Die wetenskap en geloof is nie vyande nie. Hulle is hoofstukke in een groot storie - sý storie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY