Skip to content
Opens in a new window
Onskatbaar Ryk
08 November 2026

Onskatbaar Ryk

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Efesiërs 1:18 Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 

Ons leef in ’n wêreld wat behep is met méér — meer geld, meer dinge, groter populariteit. En tog, ten spyte van al ons oorvloed, loop ons heeltyd rond met hierdie vrees vir ‘n tekort: Sê nou ek verloor alles? Sê nou ek het nie genoeg nie? So, hier is die vraag: Sê nou ware rykdom het niks te doen met wat jy besit nie — maar met dít wat jy reeds het? 

Stel jou voor iemand wen die lotto — miljoene rande — maar vergeet om sy kaartjie na te gaan. Vir jare leef hy van die hand na die tand, bekommer hom oor rekeninge en voel brandarm, terwyl ondenkbare rykdom net so onopgeëis in die boonste laai van sy bedkassie lê.

Volgens die apostel Paulus is dit presies hoe ons leef. Die meeste van ons leef heeltemal onbewus van die rykdom wat in Christus reeds ons s’n is — vrede wat te midde van chaos hou; vergifnis wat jou vrymaak; hoop wat langer as pyn hou, en die krag om heilig te lewe.

Ons jaag die wêreld se erkenning en trofees ná, terwyl die ware skat wag om ontdek te word in die verhouding wat ons reeds klaar met God het. Hier is Paulus weer:

Efesiërs 1:18: Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het,

Daardie seëninge is nie bankrekeninge of titels nie. Dit is genade, vergifnis, om êrens te behoort, en doelgerigtheid — skatte wat nooit vervaag nie. Miskien voel jy vandag misken, minderwaardig of onseker oor môre. Tog besit jy in Christus reeds al die rykdom van die hemel — liefde wat jy nooit kan verloor nie, hoop wat nie geskud kan word nie, en ’n lewe wat nooit opraak nie. 

So, hier is my gebed vir jou: Dat jy sal weet watter rykdom en heerlikheid daar in sy erfenis vir die gelowiges is. 

Dis God se Woord. VARS … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY