‘n Herhaaldelike Fout
13 March 2026

‘n Herhaaldelike Fout

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send a text

Spreuke 26:11 ’n Dwaas wat sy foute herhaal, is soos ’n hond wat terugkom na sy eie braaksel toe. (NLV) 

Dis darem baie dom om aanhoudend dieselfde fout oor en oor te maak. Hoekom doen ons dit? Dit het nie die eerste 15 keer wat ek dit probeer het, gewerk nie, so hoekom sal ek nie nog 'n keer probeer nie; dalk werk dit nou?.

Koning Charles I van Engeland het destyds sy parlement se aanbevelings herhaaldelik geïgnoreer. Hy het besluit om outokraties te regeer en sy parlement te ontbind. Ten spyte van waarskuwings en opstande, het hy voortgegaan om sy 'goddelike reg' te misbruik en sonder hulle toestemming belasting gehef. Sy weiering om van koers te verander – selfs nadat die burgeroorlog uitgebreek het – het tot sy verhoor en teregstelling in 1649 gelei. Sy ondergang was beslis nie iets wat skielik gebeur het nie, dit was die sameloop van herhaalde, trotse foute. Hy het wyse raad geïgnoreer en dit het tot nasionale ondergang gelei.

Maar, ons weet dis nie net konings wat die lisensie het om herhaalde flaters te begaan nie. Daardie trotse weiering om te erken dat jy verkeerd is, wat jou weer dieselfde fout laat begaan, is 'n redelik universele menslike eienskap.

Die manier waarop mense hul huweliksmaat behandel; deur hulle herhaaldelik te verkleineer; hulle aanhoudend as vanselfsprekend te aanvaar; om herhaaldelik drif en kritiek, in plaas van liefde en aanmoediging te gee, lei tot meer egskeidings as wat enigiemand ooit kan tel. Kom ons wees eerlik, om dieselfde fout oor en oor te herhaal, is absoluut onverskoonbaar. So, hier is 'n beeld vir jou uit die Bybel; ingeval jy 'n slegte gewoonte het wat jy moet breek:

Spreuke 26:11 ’n Dwaas wat sy foute herhaal, is soos ’n hond wat terugkom na sy eie braaksel toe. (NLV)

Hierdie afstootlike prentjie is ‘n baie duidelike waarskuwing om nie dieselfde foute oor en oor te herhaal nie.

Doen jouself 'n guns, doen almal in jou lewe 'n guns. Hou op om dwaas op te tree. Hou op om dieselfde dwase dinge oor en oor te doen. Moenie daardie hond wees wat na sy braaksel terugkeer nie.

Want, dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY