Skip to content
Opens in a new window
Hou Jou Oë Oop
07 November 2026

Hou Jou Oë Oop

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Efesiërs1:18 Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 

Het jy al opgemerk hoe die dinge wat ons die vurigste najaag — sukses, erkenning, sekuriteit — selde daardie diep verlange en honger hier binne-in ons stilmaak? Ons dink meer geld, groter populariteit of meer beheer sal die lewe uiteindelik laat uitwerk. Maar hoe meer ons kry, hoe erger voel die leegheid. So, hier is die vraag: Sê nou die beste deel van die lewe is iets wat jy glad nie eers kan sien nie?

Jare gelede het ek ’n huis gekoop met goue krane in die hoofslaapkamer se badkamer. Elke keer as ek by daardie badkamer ingestap het, het ek ’n gevoel van selfvoldoening gekry. Dink net — ék het goue krane!

Maar dit het nie lank gevat voor daardie leë gevoel hier diep binne-in weer teruggekeer het nie. Daardie blink krane het naderhand kompleet gelyk of hulle net die diep leegheid in my siel weerspieël. Dit was die begin van my soeke na ’n ryk lewe wat verder strek as dit wat ek met die oog kon sien.

Die apostel Paulus het aan die gelowiges in Efese geskryf — mense wat omring was deur rykdom en afgodery — en hy het gebid dat hulle verby die sigbare dinge sou kyk: 

Efesiërs 1:18: Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 

Paulus het nie gebid vir hul sukses of dat hulle uit hulle omstandighede moes ontsnap nie, maar vir visie — geestelike insig; om hoop te sien wat verby rykdom of swaarkry strek.

Jy het dalk nie beheer oor wat rondom jou gebeur nie. Maar wanneer Jesus jou oë oopmaak, sal jy selfs in die donkerste uur die Lig, wat nooit doodgaan nie, sien, want sý hoop brand vir altyd. Sy hoop vervaag nooit.

Ek bid dat God jóú geestesoë so sal verhelder dat jy kan weet watter hoop sy roeping vir jou inhou.

Dis God se Woord. VARS … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY