Skip to content
Opens in a new window
Hou Aan om sy Lig te Dra
25 August 2026

Hou Aan om sy Lig te Dra

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Matteus 5:14-16 “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” 

Het jy al agtergekom hoe vinnig ons wil argumenteer; iemand van ons standpunt wil oortuig of die debat wil wen? Wanneer dit by geloof kom, wil ons so maklik vir Jesus baklei, in plaas daarvan om Hom net vir mense te wys.

Beau Stringer, die Amerikaanse skrywer en spreker, het onlangs gesê: Die kerk is behep daarmee om ’n lig in die duisternis te wees. Maar lig argumenteer nie met die duisternis nie. Lig skyn net. Net so het Jesus nooit mense se harte met argumente probeer wen nie. Hy het eerder wonde genees, hongeres versorg, mense vrygespreek en deur sy eie trane heen 'n pad na hulle toe gevind. Miskien gaan sogenaamde ‘evangelisasie’ minder daaroor om enigiemand te oortuig, en meer daaroor om ’n lig te dra na plekke waar godsdiens weier om te gaan.

Is dit miskien wat Jesus bedoel het toe Hy dít gesê het in:

Matteus 5:14-16 Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie. ’n Mens steek ook nie ’n lamp op en sit dit onder ’n emmer nie, maar op ’n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.

Lig verdryf die duisternis bloot deur sy teenwoordigheid. Toe Jesus op die aarde geloop het, het Hy gepreek, maar Hy het siele hoofsaaklik gewen deur mense lief te hê – prakties, tasbaar en opreg. Hy het melaatses aangeraak, saam met sondaars geëet en skuldiges vergewe.

So, probeer jy mense vir die Koninkryk te wen deur te argumenteer, of dra jy ’n lig in hulle duisternis in? Gaan jy na mense op plekke wat die ‘beleefde’ godsdiens vermy? Nee my vriend, mense het nie nog debatte en preke nodig nie. Hulle het liefde nodig wat dáár is vir hulle.

En dit is ons opdrag: om so te leef dat Jesus se lig die donker plekke verlig.

Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY