Send us Fan Mail
Johannes 15:12-13 Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.
Elke jaar, op die elfde uur van die elfde dag van die elfde maand, staan mense vir 'n oomblik stil — hulle herdenk die dapper manne wat tydens die oorlog gesneuwel het. Maar hierdie herinnering gaan nie oor die geskiedenis nie; dit gaan oor ‘n oomblik om na te dink aan iets heiligs — die moed om ons lewens vir mekaar af te lê.
My vriend, Anthony Cheesman, het hierdie Gedenkdag van die elfde November so mooi verwoord. Hy het geskryf: Niemand wen ooit in ’n oorlog nie — nie die soldate of die gewone mense nie … maar tog was mense oor en oor bereid om op te staan en te dien. Hulle het daardie egte vasbyt-gees gewys toe dinge rof en vreesaanjaend geword het. Behalwe vir hierdie mooi eienskappe, sien ’n mens in hulle diens en opoffering ook ’n geweldige diep pligsbesef.
En daardie pligsbesef — wat eintlik net liefde is wat deur opoffering gewys word — herinner ’n mens aan iets wat baie dieper is. Kom ons lees wat Jesus gesê het in:
Johannes 15:12-13 Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.
Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy nie sommer net gewys hoe dapper Hy is nie; Hy het gewys hoe lyk egte, goddelike liefde — liefde wat red, liefde wat herstel en liefde wat ons uitdaag om ander mense te dien.
Vandag is mense mal oor hulleself — behep met hoe hulle lyk, hoe hulle veilig kan wees en hoe gemaklik hulle kan lewe. Maar Jesus roep jou en my om te onthou: ware liefde kos altyd iets.
Sy dood was nie net ons redding nie, dit was 'n uitnodiging. 'n Uitnodiging om onsself te gee; vol moed te dien en onvoorwaardelik lief te hê. So, terwyl ons vandag dink aan die mense wat gesterf het, laat ons ook dink aan die Een wat vir óns gesterf het — en opstaan om te lewe soos Hy gelewe het.
Sodat ons nie vergeet nie.
Dit is God se Woord...Vars...vir jou...vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY