Skip to content
Opens in a new window
Dis Net Hierdie Een Keer...Of is Dit?
01 October 2026

Dis Net Hierdie Een Keer...Of is Dit?

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Jakobus 4:17 As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde. 

Hoe dikwels sê jy nie: "Ek weet ek moenie … maar dis net hierdie een keer"? Dalk is dit 'n storietjie wat jy oorvertel het, 'n skelwoord wat jy nooit teruggetrek het nie, of 'n opdrag - gehoorsaamheid wat jy maar aanhou uitstel. Diep in jou hart weet jy wat reg is, jy wil dit net nie openlik erken nie.

Gister het ons gepraat oor God se onwankelbare getrouheid -  dat Hy nooit van ons af wegloop nie, selfs nie eers wanneer ons Hom teleurstel nie. Maar hierdie waarheid bring saam met hom 'n gevaarlike versoeking: om te dink gehoorsaamheid maak nie meer regtig saak nie, want genade gaan tog ons sonde toesmeer.

Dis 'n bietjie soos om deur 'n verkeersbeampte gevang te word omdat jy te vinnig gejaag het. Hy laat jou gaan met net 'n waarskuwing, en vir 'n paar dae ry jy dan mooi versigtig. Maar voor jy jou kry, kruip die ou gewoontes weer terug, totdat jy op 'n dag presies weer daar is, waar jy begin het, maar die gevolge is net hierdie keer baie erger. Genade wat jy misken, gee jou uiteindelik jou verdiende loon.

Kyk wat sê Jesus se broer Jakobus:

Jakobus 4:17 As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde.

Let mooi op: Jakobus was nie besig om ongelowiges te berispe nie, hy het gelowiges gewaarsku; mense wat die genade van die kruis geken het, maar teruggegly het na hulle ou trots, afguns en selfbevrediging toe. Genade verskoon nie sonde nie, dit wys dit uit sodat dit kan stop.

Die kruis het Jesus alles gekos. Om aan te hou leef asof sonde nie regtig saak maak nie, is om daardie offer te ignoreer. As die Heilige Gees jou dan bewus maak van 'n gewoonte, 'n wrok, of 'n toegewing, luister asseblief mooi. Genade is nie God wat sommer net anderkant toe kyk nie. Dis sy hand wat jou terugtrek voordat jy weer val. Want die Een wat jou vergewe, roep jou ook tot ‘n veranderde lewe.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY