Opens in a new window
Die Krag van Volharding
30 July 2026

Die Krag van Volharding

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Hebreërs 10:35-36 Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ’n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het. (NLV) 

Een van die moeilikste dinge om te doen, is om deur te druk wanneer jy so gedaan gesukkel is, dat jy voel jy moet handdoek ingooi. Dink mooi, wanneer was die laaste keer wat jy in die versoeking was om moed op te gee? 

In 1968, tydens die Olimpiese Spele in Mexikostad, het John Stephen Akhwari, 'n marathon atleet van Tanzanië, tydens deelname aan die spele, ‘n slegte val gehad en sy been beseer. Almal het verwag dat hy uit die wedloop sal wegstap, maar ure nadat die wenner verby die wenstreep was, het Akhwari strompelend die stadion binnegestap. Hy was bebloed en uitgeput, maar vasbeslote om die wedloop te voltooi. 

Toe hy gevra is waarom hy nie gestop het nie, het hy gesê: "My land het my nie 10 000 myl gestuur om die wedren te begin nie. Hulle het my 10 000 myl gestuur om dit klaar te maak."

Dit is die krag van deursettingsvermoë. En dit is presies waarvan God hier praat:

Hebreërs 10:35-36 Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ’n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het. (NLV)

Keer op keer word ons deur terugslae getref. Ons geloof word deeglik getoets. En tog vra God ons nie net om ‘n taak te begin nie, maar om dit met moed, met geduld en met vertroue te voltooi.

Dit gaan nie daaroor om op jou tande te kners en in jou eie krag deur te druk nie. Dit gaan daaroor om vas te hou aan Christus, wat reeds die wedloop vir ons vooruit gehardloop het. Hy het die kruis verduur. Hy het die skande en die pyn verduur. En nou regeer Hy in glorie.

En dieselfde krag - dieselfde opstandingskrag - wat Hom uit die dood opgewek het, is vir jou beskikbaar, hier en nou, om jou tot die einde staande te hou. 

Moet dus nie moed opgee nie. Jou geloof in Jesus sal beloon word. Nie omdat jy sterk genoeg is nie, maar omdat Hy getrou genoeg is. In Hom is die wenstreep verseker, en die prys is ewig.

Dit is God se Woord. Vars ... Vir jou... Vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY