Opens in a new window
Breek die Sirkel
01 August 2026

Breek die Sirkel

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Deuteronomium 13:4 Volg maar net die Here jou God en eer Hom. Gehoorsaam sy gebooie, luister na sy stem en hou vas aan Hom. (NLV) 

Ek wens ek kon vir jou sê dat die lewe eenvoudig is. Maar dit is nie. Dis kompleks, dis chaoties, en die toekoms is allesbehalwe seker. Jy kan nie eers seker wees van môre of die volgende dag nie! Al wat ons het, is vandag. So, wat gaan jy daarmee doen?

'n Paar jaar gelede het 'n navorsingspan ‘n aantal stappers, wat nie kompasse of GPS’e gehad het nie, in digte woude gevolg. Dit was merkwaardig dat byna elkeen van hulle in sirkels geloop het. Dis wat gebeur wanneer ons nie 'n vaste verwysingspunt het nie. Ons verloor almal ons pad – dit maak nie saak hoe hard ons probeer om reguit te loop nie.

In hierdie onseker, komplekse en deurmekaar lewe is dit onmoontlik om op koers te bly as jy nie vir God as daardie lewensbelangrike verwysingspunt het nie. 

Deuteronomium 13:4 Volg maar net die Here jou God en eer Hom. Gehoorsaam sy gebooie, luister na sy stem en hou vas aan Hom. (NLV)

Dit is nie ingewikkeld nie. Dis redelik eenvoudig. Dink aan die Israeliete wat op die punt was om 'n land vol afgode en heidene binne te gaan. God se opdrag aan hulle was eenvoudig: Moet nie afdwaal nie. Moet nie in sirkels rondloop nie. Hou julle oë op My.

En kyk hoe eenvoudig is Jesus se opdrag: "Volg My." Nie onverskillig nie, nie passief en koud nie - maar met jou hele hart. Hy vra nie net vir ons Sondagoggende nie. Hy vra vir ons lewens.

En hier is die goeie nuus. Ons hoef Hom nie in ons eie krag te volg nie. Dieselfde Gees wat Jesus uit die dood opgewek het, lei ons nou, bemagtig ons en hou ons op koers.

So as jy afgedwaal het, draai om. Draai vinnig. Fokus jou oë weer op Jesus. Want net ín Hom sal jy reguit en gefokus kan loop.

Dit is God se Woord. Vars ... Vir jou... Vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY