
Send us Fan Mail
Goeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir Augustus.
Soms is dit nodig dat ons tot stilstand kom, sodat die Here sy herstelwerk kan doen. Hier is die storie van een van ons luisteraars wat na 30 jaar in die polisiemag self in 'n baie donker gat beland het - en hoe die Here deur die werk van Christianityworks sy lewe handomkeer verander het:
Waar ek na amper drie dekades in een van die moeilikste en gevaarlikste woonbuurtes gewerk het, het die emmers vol trauma uiteindelik oorgeloop. Die finale druppel was die tragiese dood van vier kollegas - waarvan drie onder my direkte bevel was. As bevelvoerder moes ek help met die nadoodse-ondersoeke en die begrafnisse.
Dit het my emosioneel en geestelik totaal geknak.
Ek het myself heeltemal van die wêreld afgesny. Ek was oortuig ek is 'n gevaar vir myself en die mense om my. Ek was fisies gedaan en geestelik besig om te sterf. Alhoewel ek as tiener al my hart vir die Here gegee het, erken ek vandag dat daardie 30 jaar in die polisiemag my eie "woestynjare" was waar ek die Here nie die regte plek in my lewe gegee het nie.
Toe ek uiteindelik weens ernstige siekte moes aftree, het dit soos 'n krisis gevoel, maar dit was eintlik God se manier om vir my 'n splinternuwe begin te gee.
Gedurende die jare van my herstelpad, het ek op 'n Christelike radiostasie afgekom wat Christianityworks se programme uitsaai. Die opregte liefde vir God, die ware getuienisse en die boodskappe van Berni Dymet het my dadelik diep getref. Dit het my lewe verander en my daaglikse anker geword.
Jy kan ook vandag deel hê aan hierdie lewensveranderende werk. Deur jou gebede en 'n maandelikse of eenmalige bydrae tot die Suid-Afrikaanse bediening van Christianityworks, kan jy help om nog lewens te red.
Ons VARS-boodskappe word tans daagliks oor meer as 20 radiostasies uitgesaai, aan sowat 22 000 e-pos-intekenaars gestuur en is ook op potgooi beskikbaar.
As die Here dit op jou hart lê om 'n finansiële bydrae te maak, sal dit ons help om ons begroting te laat klop en te verseker dat die Evangelie so verkondig word. Baie dankie vir ons vennootskap!
Seënwense en mooi loop.
Van Jokkie, Annelie en die VARS-span
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY