Rottegif onder die loep
12 November 2025

Rottegif onder die loep

Driesestig

About
Op die kusdorp, St. Francisbaai, het tien uile binne vier dae gevrek nadat hulle vergiftigde rotte gevreet het. Voorvalle soos dié het die stedelike wildbewaarder, Arnold Slabbert, daarnatoe gedryf om te begin vasstel watter soorte rottegif so maai onder die uilbevolkings en ander diere in die ekostelsels. Mariska Spoormaker het met hom gepraat.