zeno
Home
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Log in
Sign up
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Driesestig
Society & Culture
Afrikaans
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Website
Episodes
300
14 November 2025
Charlene se boodskap van hoop
Haidee Muller-Isaacs gesels met die inspirerende sangeres Charlene van Rooyen oor haar kinderhuisdae, en hoe sy ten spyte van kronkelpaaie, nou kies om haar lewe voluit te leef. Charlene het 'n positiewe boodskap van hoop aan ieder en elk.
6 min
14 November 2025
360 Speseryroete - Deel 106
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kos-pasmaats.
5 min
14 November 2025
Jan-Hendrik se boodskap aan Bakgat-wenner
Jan-Hendrik van der Westhuizen is vanjaar se mentor vir die wenner van RSG en Virseker se 2025 Bakgat-beskuitkompetisie. Hier is sy boodskap aan Magda Janse van Vuuren wat as wenner gekroon is.
2 min
14 November 2025
Huishou Olimpiese Spele
Die 35ste Huishou Olimpiese Spele is in Las Vegas gehou. Bedopmaak, mop-aflos en stofsuig is van die items waaraan die werkers van die Las Vegas hotelle deelgeneem het.
1 min
12 November 2025
Gerhard Meyer se granate
Gerhard Meyer, ’n granaatboer van die Klein Karoo, het sy keuse van gewasse totaal verander ná raad van ’n boer van Israel. Gerhard was onlangs deel van Afrika-groep wat genooi is om in Keulen 'n verbruikersexpo by te woon, maar was voor dit in Spanje. Johan Rademan het met hom gepraat.
8 min
12 November 2025
Rottegif onder die loep
Op die kusdorp, St. Francisbaai, het tien uile binne vier dae gevrek nadat hulle vergiftigde rotte gevreet het. Voorvalle soos dié het die stedelike wildbewaarder, Arnold Slabbert, daarnatoe gedryf om te begin vasstel watter soorte rottegif so maai onder die uilbevolkings en ander diere in die ekostelsels. Mariska Spoormaker het met hom gepraat.
7 min
12 November 2025
Waterwraak
‘n Vrou in China is beboet met 280 keer die bedrag waaroor sy gestry het met ‘n hotel. Uit wraak het sy die krane vir ure laat loop…
1 min
11 November 2025
Êrens oorsee 11 November 2025
Ilze Els vertel vir Martelize Brink van die lewe op Guernsey, ‘n eiland in die Engelse Kanaal naby die kus van Frankryk.
12 min
11 November 2025
Harlan se hartklop vir die gemeenskap
Die akademikus, dr. Harlan Cloete van die Paarl, vertel vir Haidee Muller Isaacs hoe sy reis na sukses begin het. Maklik was dit nie, maar na dese stoom hy fluks voort met sy gemeenskapswerk. Dis sy hartklop, vertel hy.
7 min
11 November 2025
Sokker in die sneeu
Die eindronde van Kanada se premierligasokker is die naweek in die sneeu teen minus 8 grade Celsius gespeel. Daar was uitdagings om die lyne sigbaar te hou, en die doelwagters moes hulle doelhokke met grawe oophou!
1 min