Skip to content
Opens in a new window
Sondag 9 Augustus 2026 Stephan Briel
09 August 2026

Sondag 9 Augustus 2026 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

About

Lees: Mat 11: 25 – Mat 12: 8.

Fokus: Mat 11: 28-30 (AFR53). 

Jesus se rus: Leer by Hom om sagmoedig en nederig van hart te wees. 

·       As my siel nie in God se rus verkeer nie, raak my vlees besig om vrede te probeer bring in my siel – dan bewerk ek my eie werke deur die vlees (vgl Heb 4: 9, 10). 

·       Jesus leer vir ons twee sleutelbegrippe om rus te vind vir ons siele, nl nederig van hart en sagmoedigheid (Mat 11: 29). 

·       Wees nederig van hart deur te glo en te vertrou dat God jou onvoorwaardelik aanvaar deur die kruisoffer van Jesus alleen. 

·       Wees verder sagmoedig deur met ‘n surplus of speling te leef in alle areas van jou lewe. 

 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: 

·       Wat is die oorsprong van vleeslike optredes in kinders van God se lewens? 

·       Hoe kan jy rus vind vir jou siel? 

·       Beskryf hoe om nederig van hart te wees. 

·       Beskryf hoe om sagmoedig te lewe soos Jesus.