Skip to content
Opens in a new window
Sondag 23 Augustus 2026 - Stephanu de Villiers
23 August 2026

Sondag 23 Augustus 2026 - Stephanu de Villiers

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

About

Skrifdeel: Lukas 8:22-25

Tema: Die pad vanaf vrees na vrede

Kerngedagtes:

1. Vrees vir die storm

2. Vrede by Jesus

Preekskets

Daar is soveel dinge wat vrees in ons harte laat opskiet. Hoe smag ons nie daarna om vrede te beleef wat

ons verstand te bowe gaan nie? In Lukas 8:22-25 leer die Here ons dat ons net die pad vanaf vrees na vrede

kan stap en daarop kan vorder as ons voortdurend sien wie Jesus Christus is. Wanneer ons Hom sien vir

Wie Hy is, verdwyn vrees soos mis voor die son en vind vrede 'n tuiste in ons harte.