
Lees: Mark 1:14-20.
Fokus: Mark 1:17,20.
Dissipelskap is ‘n gawe wat Jesus aanbied, nie iets wat die mens verdien nie.
Jesus het hierdie vissers raakgesien en hulle ‘n kans van ‘n leeftyd gebied toe Hy hulle roep tot dissipelskap. Kenmerkend van dissipelskap is dat dit ‘n gawe is wat Jesus skenk, nie ‘n persoonlike prestasie nie. En besef ons vandag (na die kruis, opstanding en hemelvaart van Jesus) wat ‘n groter wonderlike geskenk Jesus ons bied as Hy ons roep tot ‘n lewe van dissipelskap?
Daar is ‘n weg of manier van lewe wat deur Jesus Self gemodelleer is – wat ver meer bied as wat die wêreld kan bied. Dit open die weg na God Almagtig se teenwoordigheid en krag waaroor die meeste mense net droom. Maar dit vra dat jy ‘n weg sal volg wat deur Jesus self aangewys word.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
· Verduidelik die Joodse onderwysstelsel in die Bybelse tyd.
· Hoekom het die 4 vissermanne onmiddelik hulle nette en skuite gelos om Jesus te volg?
· Hoekom is dissipelskap ‘n gawe wat Jesus skenk?